G’n klaag­lied vir dié Je­re­mia

Pas­toor wil men­se só mo­ti­veer

Beeld - - NUUS - Ren­eil­we Dhludhlu

’N

Mo­tor ge­naamd Je­re­mia is vol By­bel­ver­se ge­verf om­dat die ei­e­naar die Woord van God op dié ma­nier wil ver­sprei en men­se moed wil gee.

Past. Me­lu­si Ng­we­nya (38) van Vos­loo­rus aan die Oos-Rand sê hy het een og­gend in No­vem­ber ver­le­de jaar toe hy wak­ker word ge­weet hy moet sy Ma­z­da 323 vol ver­se verf.

“God het aan my ge­sê ek moet dit doen. Al wat ek wil doen, is om men­se te mo­ti­veer en aan te moe­dig en om hul­le te laat be­sef dit is nie die ein­de van hul le­we nie.”

Hy het sy vrou, N­ja­bu­lo, daar­van ver­tel.

“Aan­vank­lik was sy skep­ties en kon nie ver­staan hoe­kom nie.” Je­re­mia is die naam van past. Me­lu­si Ng­we­nya se mo­tor om­dat Jer. 29:11 sy guns­te­ling­vers in die By­bel is.

Maar sy het hom ge­help om die mo­tor te verf.

Sy ma was die eer­ste een wat

daar­in ge­ry het.

“Ons het na een van my vrien­de se huis ge­ry. Al­mal was

ge­skok en het ge­vra wat ek aan my mo­tor ge­doen het.”

Hy kry nie skaam oor sy mo­tor nie om­dat hy die Woord van God op die paaie ver­sprei.

Ng­we­nya is ’n jeug­pas­toor by die Wor­ld of Prai­se C­hurch In­ter­na­ti­o­nal-kerk in Ma­da­de­ni, Ne­w­cas­t­le. Hy ry na­we­ke die he­le pad daar­heen. Hy is ook die stig­ter van Pe­op­le of G­re­at Po­wer, ’n or­ga­ni­sa­sie wat vaar­dig­he­de, op­lei­ding, be­ra­ding, men­tor­skap en le­wens­af­rig­ting aan jong men­se gee.

An­der mo­to­ris­te keer hom voor om die ver­se te lees. “Dis deur hier­die By­bel­ver­se dat men­se sien God is die e­nig­ste weg,” sê Ng­we­nya.

Sy guns­te­ling­vers is Jer. 29:11: “Ek weet wat Ek vir jul­le be­plan, sê die He­re: voor­spoed en nie teen­spoed nie; Ek wil vir jul­le ’n toe­koms gee, ’n ver­wag­ting!”

Dit is “om­dat God nog al­tyd ’n plan vir my le­we ge­had het”.

Hy sê sy le­we het ver­an­der ná sy twee eg­skei­dings. “Men­se het my ver­laat. Ek het al­les ver­loor. Maar toe sien ek God is be­sig om my le­we te her­stel. Ek het be­sef God is die e­nig­ste een wat my kan ge­nees.

“Ver­se soos Jer. 29:11 is die re­de waar­om ek nog leef. So ek wou dit deel met an­der men­se wat pyn en seer er­vaar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.