Ang­lo­A­fri­ka­ner­u­nie be­staan nie, sê stu­dent

Beeld - - NUUS - S­han­tel Mo­ses

Die plak­ka­te wat vroe­ër van­dees­week by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch op­ge­plak is, stem oor­een met Na­zi­jeug­plak­ka­te. Daar be­staan nie ’n Ang­lo-A­fri­ka­ner-stu­den­te-u­nie nie.

So sê een van die stu­den­te wat ge­skors is weens sy be­trok­ken­heid by die Na­zi-ag­ti­ge plak­ka­te wat op die kam­pus van die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch op­ge­plak is.

De­an Dart (22), ’n eer­ste­jaar­stu­dent aan die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch (US), is Don­der­dag ge­skors na­dat hy men­se op die Rooi­plein op die hoof­kam­pus oor die plak­ka­te wou toe­spreek.

Die plak­ka­te is vroe­ër die week op die kam­pus op­ge­plak en ver­kon­dig dat The New Rig­ht/Ang­lo-A­fri­ka­ner Stu­dent op 11 Mei ’n ver­ga­de­ring sou hou met die te­ma “Veg vir S­tel­len­bosch”.

Hy sê die i­dee was dat die plak­ka­te ’n spie­ël vir stu­den­te sou skep. “Die stu­den­te is meer links en sal e­nig­iets met die woord ‘A­fri­ka­ner’ daar­in ver­oor­deel. Ek wou dit be­wys.”

Hy sê sy be­doe­ling was nooit dat die kwes­sie die plaas­li­ke me­dia moes haal en in­ter­na­si­o­na­le aan­dag kry nie.

“Maar die feit dat dit wel so wyd aan­dag kry, het weer my punt be­wys.

“Nie lank ge­le­de nie was Lind­say Maas­dorp van Black De­an Dart

First Land First op die kam­pus. Hy het uit­la­tings van ‘een set­laar, een koe­ël’ ge­maak, maar dit is nie in die me­dia ge­noem nie. Ju­li­us Ma­le­ma sê ge­du­rig ‘ons sal hul­le nog ver­dra’.

“Dit haal ook nie hoof­op­skrif­te nie.”

Hy sê hy wou sy me­de­stu­den­te van aan­ge­sig tot aan­ge­sig mee­deel dat die u­ni­ver­si­teit dub­be­le stan­daar­de hand­haaf.

“As stu­den­te die een of an­der or­ga­ni­sa­sie stig met die woord ‘black’ in, maak dit nie op­slae nie – maar gooi die woord ‘A­fri­ka­ner’ in en al­mal braak gal.”

Hy voeg by: “As my plak­ka­te wit op­per­ge­sag toon, wat sê men­se soos Ma­le­ma en Maas­dorp met hul uit­la­tings?”

Dart sê hy het ge­weet dat dit sy le­we in ge­vaar sou stel om op die Rooi­plein te praat en hoe­wel hy kort ná die voor­val ge­skors is, sal hy voort­gaan om vir wit men­se in die bres te tree.

Twee an­der stu­den­te is saam met Dart ge­skors.

Die plak­ka­te is ook by die US se Een­heid vir Ge­lyk­waar­dig­heid aan­ge­meld. Die een­heid sê die plak­ka­te en ge­leent­heid be­vor­der ras­se­ver­de­ling en meer­der­waar­dig­heid en be­vat hoogs aan­stoot­li­ke ver­wy­sings na Na­zi-pro­pa­gan­da.”

Vol­gens die een­heid het die stu­den­te se ge­drag ’n “ver­ne­de­ren­de uit­wer­king” ge­had en ’n “in­ti­mi­de­ren­de om­ge­wing” by die US ge­skep.

As stu­den­te die een of an­der or­ga­ni­sa­sie stig met die woord “black” in, maak dit nie op­slae nie – maar gooi die woord “A­fri­ka­ner” in en al­mal braak gal.

Fo­to: T­WIT­TER

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.