DA wil weet wie ‘hek­wag­te’ by sko­le is

Dit laat slaag­sy­fer be­ter lyk

Beeld - - NUUS - Han­nes Kru­ger

S­kool­hoof­de hou leer­lin­ge doel­be­wus te­rug om hul skool se slaag­sy­fer op te stoot, sê die DA. Lui­dens ’n ver­kla­ring van die par­ty het die ad­junk-di­rek­teur-ge­ne­raal van ba­sie­se on­der­wys dié aan­ty­ging be­ves­tig.

Die DA het No­ma­lun­ge­lo Gi­na, voor­sit­ter van die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ba­sie­se on­der­wys, nou ver­soek om by An­gie Mots­hek­ga, die mi­nis­ter, uit te vind wat­ter plan­ne by die de­par­te­ment ge­maak gaan word om ’n ein­de aan die prak­tyk te maak.

Lui­dens die ver­kla­ring het die DA hier­oor be­gin won­der toe die Vry­staat in 2016 uit die blou­te die hoog­ste ma­triek­slaag­sy­fer in die land be­haal het.

“Dit is weens die be­trek­lik lae ver­hou­ding van leer­lin­ge wat in die Vry­staat ma­triek ge­skryf het.”

In 2014 het 55 293 leer­lin­ge met gr. 10 in die Vry­staat be­gin en net 26 786 van hul­le het in 2016 ma­triek ge­skryf.

“Dit het die ver­moe­de laat ont­staan dat swak­ker pres­te­ren­de leer­lin­ge in se­ke­re sko­le en pro­vin­sies aan­ge­moe­dig word om nie die ma­triek­ek­sa­men te skryf nie. So­doen­de word die slaag­sy­fer kuns­ma­tig ver­hoog. Dit is ’n prak­tyk wat be­kend staan as ‘hek­wag­terswerk’ of ‘uit­dun­ning’.”

Lui­dens die ver­kla­ring is dit be­treu­rens­waar­dig dat s­kool­hoof­de An­gie Mots­hek­ga

en on­der­wys­amp­te­na­re die slaag­sy­fer pro­beer ver­an­der deur leer­lin­ge te­rug te hou.

“Ons moet weet wie dié s­kool­hoof­de is, wat die om­vang van die prak­tyk is en wat die ge­vol­ge is vir die­ge­ne wat daar­aan skul­dig be­vind word dat hul­le sta­tis­tie­ke en die le­we van ons leer­lin­ge ma­ni­pu­leer.”

Vol­gens die DA is dit nie net ’n pro­vin­si­a­le pro­bleem nie. In 2014 het 1 100 877 leer­lin­ge land­wyd met gr. 10 be­gin, maar net

610 178 het in 2016 ma­triek ge­skryf. “Dit be­te­ken 44,6% van die leer­lin­ge het op­ge­skop of sit nog ê­rens in gr. 10 of gr. 11

vas.”

E­li­jah Mhlan­ga, woord­voer­der van die de­par­te­ment van ba­sie­se on­der­wys, sê s­kool­hoof­de is ver­on­der­stel om te ver­se­ker dat die kur­ri­ku­lum af­ge­han­del word.

“Die leer­lin­ge moet ook vol­doen­de on­der­steu­ning kry om se­ker te maak dat hul­le deur­kom. E­nig­iets an­ders is hoogs on­aan­vaar­baar,” sê Mhlan­ga.

Vol­gens hom hou die de­par­te­ment se di­rek­teur-ge­ne­raal ’n ver­ga­de­rings met s­kool­hoof­de en on­der­wy­sers om hul­le aan hul ver­ant­woor­de­lik­he­de te her­in­ner.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.