Pie­sang­ANC gly op sy eie skil oor B­ri­an Mo­le­fe

Beeld - - KOMMENTAAR - Beuk­man is re­dak­teur van Beeld

In­der­daad ge­beur daar toe gis­ter iets meer bi­sar ra­ken­de B­ri­an Mo­le­fe as sy be­plan­de te­rug­keer na E­s­kom – die ANC se ver­kla­ring daar­oor.

S­kie­lik be­vind die ANC hom toe as deel van die stroom van be­swaar deur op­po­si­sie­par­tye en bur­ger­li­ke or­ga­ni­sa­sies.

Vol­gens die ANC is die be­sluit om Mo­le­fe te­rug te bring “roe­ke­loos en toon­doof” vir SuidA­fri­ka­ners se woe­de oor kor­rup­sie.

Die ANC se be­swaar is dat Mo­le­fe “on­der ’n wolk” by E­s­kom weg is ná die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) se ver­slag oor staat­skaping.

Zi­zi Kod­wa, ANC-woord­voer­der, het ook in ’n on­der­houd ge­sê die skuif is sleg vir die ANC se han­dels­merk.

Wie an­ders as die ANC met sy toe­ne­men­de pie­sang­re­pu­bliek­prak­ty­ke het die vreem­de rol ge­skep wat Mo­le­fe die af­ge­lo­pe jaar speel?

Waar was die or­ga­ni­sa­sie se be­swa­re toe hy met sy self­er­ken­de Gup­ta-ban­de by E­s­kom ge­maak het soos hy wou?

Waar was sy ver­kla­ring toe Mo­le­fe on­der die “wolk” uit reg­uit na die ANC se eie par­le­men­tê­re kou­kus is?

As die ANC wel nou be­sorg is oor die pu­bliek se woe­de oor kor­rup­sie en sy han­dels­merk, is daar da­rem ’n lang en oog­lo­pen­de lys waar­oor hy swyg.

Die in­te­res­san­te deel van sy ver­kla­ring is die ver­wy­sing na die OB se ver­slag oor staat­skaping. As dié ver­slag vir die ANC e­nig­sins ’n maat­staf is om be­kom­merd te wees oor die stand van sa­ke soos hy nou laat blyk, waar­om word die en­ke­le aan­be­ve­ling daar­in nie uit­ge­voer nie? Dit is dat die pre­si­dent ’n reg­ter­li­ke kom­mis­sie van on­der­soek aan­stel na die kwes­sies wat in die ver­slag ge­op­per word.

In­dien die ANC, wat dui­de­lik die hit­te van o­pen­ba­re teen­stand en da­len­de steun­vlak­ke in sy eie p­ri­va­te me­nings­pei­lings be­gin voel, werk­lik e­ni­ge in­te­gri­teit aan sy ver­kla­ring wil ver­leen, sal hy eis dat die kom­mis­sie van on­der­soek da­de­lik aan­ge­stel word. En dat sy kor­rup­te lei­er sy pos ver­laat.

Of glo hy werk­lik die jong­ste Mo­le­fe-skuif is son­der die me­de­we­te van Nom­mer Een?

’n Vin­ni­ge op­roep gis­ter na ’n grond­wet­li­ke spe­si­a­lis le­wer op dat daar nie ’n kans is dat Mo­le­fe se her­aan­stel­ling die toets van die ho­we gaan deur­staan nie. Dit is glo nie eens ’n in­ge­wik­kel­de kwes­sie nie en taam­lik dui­de­lik.

Die na­week is daar se­ker­lik hap­py hour in die Saxon­wolds­je­bien. Maar die uit­ein­de­li­ke af­loop van dié e­pi­so­de in die Mo­le­fe-sa­ge gaan nood­wen­dig die ANC erns­ti­ge ska­de be­rok­ken. En hy kan niks doen om dit te keer nie.

Waar was die ANC se be­swa­re toe hy met sy self­er­ken­de Gup­ta­ban­de by E­s­kom ge­maak het soos hy wou? Waar was sy ver­kla­ring toe Mo­le­fe on­der die ‘wolk’ uit na die ANC se par­le­men­tê­re kou­kus is?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.