Gee jou kop weg vir God

Beeld - - KOMMENTAAR -

Jy mag dalk jou kop se baas wees. Jy mag dalk self be­sluit wat jy dink, voel of waar­aan jy jou tyd be­stee.

Maar God is jou He­re. En hy vra jou kop vir hom­self so­dat hy jou kan leer om reg te dink, reg te leef en om kre­a­tief te groei.

Jy durf nooit toe­laat dat jou kop op ver­vroeg­de pen­si­oen gaan ter­wyl jy nog a­sem­haal nie. Dit is so goed soos om son­der ’n val­skerm uit ’n vlieg­tuig te spring.

Die He­re het jou ’n kop ge­gee wat groei so lank as wat dit kre­a­tief is. Lees, dink, luis­ter, ont­dek, stu­deer, wees nuus­kie­rig, vra vrae, oe­fen, skryf, reis, be­oe­fen kuns – doen sul­ke din­ge, an­ders gaan jy stag­neer.

Maar die be­lang­rik­ste ding wat jy daag­liks met jou kop moet doen, is om dit te rig op die din­ge van Chris­tus. Laat toe dat God jou ge­dag­tes aan­hou­dend ver­nu­we so­dat jy sy wil kan ken. So sê Ro­mei­ne 12:2.

Stel God voor­op in jou ge­dag­tes. Dink pro­ak­tief en deur­lo­pend aan die din­ge van God. Vra jou­self voort­du­rend af hoe om tot sy eer te leef en dóén dit.

Hoe? Wel, doen el­ke dag die vier din­ge wat 1 Pe­trus 2:17 voor­skryf as uit­druk­king van God se wil: (1) re­spek­teer al­le men­se; (2) wees lief vir me­de­ge­lo­wi­ges; (3) leef in eer­bied voor God; en (4) eer men­se in ge­sags­po­si­sies. Dan gaan die he­me­le bo­kant jou oop; jou kop ook!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.