Suid­A­fri­ka is ’n kruit­vat

Beeld - - KOMMENTAAR -

I­zak Bergh, Mar­chand

Daar is baie kruit­va­te in Suid-A­fri­ka, be­ne­wens Co­li­gny.

Die dorp se ge­weld­da­di­ge be­to­gers is nie ’n uit­son­de­ring in die land nie.

O­ral in Suid-A­fri­ka heers daar groot frus­tra­sie weens groot­skaal­se werk­loos­heid en ar­moe­de. Voeg daar­by ui­ters swak diens­le­we­ring deur on­be­voeg­de mu­ni­si­pa­le amp­te­na­re en jy het ’n kruit­vat wat net ’n vonk no­dig het.

In Co­li­gny was die vonk die sterf­te van ’n swart seun waar­voor twee wit mans ver­ant­woor­de­lik ge­hou word.

As die be­to­gers on­der­leg was en ge­glo het in die be­gin­sels van ’n de­mo­kra­sie, sou hul­le waar­skyn­lik nie so op­ge­tree het nie. Hul­le sou ge­weet het dat die reg sy loop moet neem en in­di­vi­due nie die reg het om die reg in eie han­de te neem nie.

In hul blin­de woe­de neem hul­le toe weer­wraak deur hui­se en on­der­ne­mings af te brand en te plun­der. Dit ver­er­ger reeds be­staan­de ras­se­ge­voe­lens en ver­nie­tig we­der­syd­se goeie ge­sind­he­de wat met tyd op­ge­bou is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.