Art­se melk ver­brui­kers

Beeld - - KOMMENTAAR -

BB, Muckle­neuk

Ek ver­wys na Kal­lie du P­les­sis se brief (09.05) “Me­die­se diens­te word slag­veld”.

Ver­le­de De­sem­ber gee my huis­arts my die naam van ’n spe­si­a­lis. Ek be­no­dig die diens­te van ’n kar­di­o­loog so­dat die bat­te­ry van my pas­aan­ge­ër ge­toets kan word.

Ek ska­kel da­de­lik, maar hul­le is vol­be­spreek tot Maart. Ek maak tog ’n af­spraak en op die dag word ek aan die af­spraak her­in­ner, as­ook dat ek R1 000 moet saam­bring vir ad­mi­nis­tra­sie­kos­te, be­ne­wens die kon­sul­ta­sie­geld.

Ek het baie re­spek vir die me­di­ci, maar moet die God­ge­ge­we ga­we só vir ver­ry­king mis­bruik word? ’n An­der spe­si­a­lis het my R400 ge­vra vir ad­mi­nis­tra­sie­geld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.