Ons moet al­mal saam met Co­li­gny treur

Beeld - - BY - LESLIE VAN ROOYEN

Van die ska­de wat in Co­li­gny aan­ge­rig is in die ge­weld­ple­ging die laas­te tyd.

Die ge­beu­re in die plat­te­land­se dorp Co­li­gny in Noord­wes laat baie van ons ver­stom. ’n Seun, die 16-ja­ri­ge Mat­l­ho­mo­la Mos­weu, sterf en ons is steeds nie se­ker wat die oor­saak was nie. ’n Straf­reg­te­li­ke on­der­soek volg teen twee mans wat blyk­baar die seun be­trap het ter­wyl hy glo son­ne­blom­sa­de op ’n plaas pro­beer steel het.

Die weer­ga­wes van hier­die ui­ters tra­gie­se ver­haal ver­stom ons steeds.

Die on­der­soek en hof­saak lei tot ge­weld­da­di­ge be­to­gings en selfs doods­drei­ge­men­te in Co­li­gny – nie net weens die jam­mer­li­ke en blyk­baar sin­lo­se dood van ’n seun nie, maar ook weens, so blyk dit, ver­sleg­ten­de ver­hou­din­ge tus­sen swart en wit dor­pe­naars.

Dit is dui­de­lik dat hier baie nu­an­ses is wat mak­lik in re­to­riek en beel­de ver­lo­re kan raak. En wie weet, dalk le­wer die hof­saak nog op­spraak­wek­ken­de ge­tui­e­nis op. Hoe dit ook al sy, die beel­de van Co­li­gny be­hoort ons al­mal on­rus­tig te laat.

Die ge­skie­de­nis leer dat die een wat on­der­druk­king be­leef, lank sag­moe­dig kan bly – tot­dat daar na­tuur­lik ’n be­slis­sen­de punt be­reik word van waar geen te­rug­keer meer moont­lik is nie. Dan is die grens oor­ge­steek en spoel die seer en die haat in die­self­de dam uit, met die pyn­li­ke uit­wer­king dat niks kan keer dat die wal bars nie.

Die man na wie Co­li­gny ge­noem is, het dit baie goed ver­staan.

As Fran­se Hu­ge­noot het adm. Gas­pard de Co­li­gny on­der­druk­king aan sy eie lyf ge­voel. Dit het hom selfs sy le­we ge­kos, want hy is in die Sint Bartho­lo­me­us­dag-slag­ting in Frank­ryk (1572) ver­moor.

Die slag­ting was ’n ge­fo­kus­de ben­de­po­ging om ’n groep Hu­ge­no­te te ver­moor. Die i­ro­nie laat ’n mens sid­der.

Maar dalk moes Co­li­gny maar sy oor­spronk­li­ke naam ge­hou het: T­reur­fon­tein. Ek dink hier­die naam help ons ver­staan wat al­mal moet doen wan­neer ons be­sef wat in Co­li­gny aan die gang is.

Ons moet treur.

As ons treur, ver­los ons ons­self van self­ver­wy­te en voor­op­ge­stel­de i­dees. Dan maak dit nie meer saak wie ver­keerd is nie, want ons treur oor die hart­seer na­draai van ’n dorp in wie se naam die­pe i­ro­nie op­ge­sluit is.

Meer nog, ons treur om­dat ons vrees om­dat ons weet dat die on­reg wat men­se in dié dorp er­vaar, dalk ook on­reg is wat ons be­leef. Of nog er­ger, dalk treur ons om­dat dit on­reg is wat ons pleeg. Hoe kan ons kant kies as ons so treur?

En laat ons tog as­se­blief nie wag op die po­li­tie­ke lei­ers van die dag om die toon aan te gee nie. Hul­le dans al om die dam waar­van die wal be­sig is om te bars. Ons durf nie die­self­de doen nie. As ons dit doen, ver­dwaal ons self ook in die i­ro­nie­se na­draai van baie Co­li­gny’s om ons.

Dit sal baie jam­mer wees as ons die klaag­lie­de­re van Co­li­gny net af­maak as iets ge­bou op die re­to­riek van die re­ge­ring in ’n po­ging om ras­se­po­la­ri­sa­sie aan te wak­ker. Dan val ons dalk pre­sies vas in die­self­de blind­heid as waar­van ons die re­ge­ring be­skul­dig.

Dit sal hart­seer wees as ons ons har­te ver­hard en nie wil ver­staan wat hon­ger, ar­moe­de en die af­ta­ke­ling van mens­waar­dig­heid tot van­dag toe nog aan ons men­se doen nie. Daar­die ver­star­de oë is van­dag sig­baar in Co­li­gny, soos in ve­le an­der tye in ons ge­skie­de­nis – waar­skyn­lik ook ge­du­ren­de die ge­beu­re van 1572 op Sint Bartho­lo­me­us­dag.

Van twee­de kan­se en oor be­gin is daar wei­nig in ons ge­skie­de­nis. Soms kry ons eg­ter so ’n kans. Suid-A­fri­ka­ners het be­slis in 1994 die kans ge­kry om weer te pro­beer.

In som­mi­ge ge­val­le het dit ons wel ge­help om din­ge an­ders te sien, te ver­staan en te be­na­der. Maar as ons die­self­de din­ge oor en oor doen, kan ons be­slis geen an­der uit­koms ver­wag as dit waar­aan ons ge­woond is nie – dit wat ons laat treur.

Dit is juis die be­skul­di­ging van die jeug in ons land, ook die jong men­se in Co­li­gny.

Want sien, dit is nie die ge­beu­re in Co­li­gny wat ons nié laat glo aan die moont­lik­he­de van ons land en hoe ons kan wees en leef nie. Dit is ons self­be­grip wat ons ons­self laat ver­ont­skul­dig en laat weg­staan van wat ons op ver­skil­len­de vlak­ke self ook el­ke dag doen ter­wyl ons an­ders preek.

Dan word Co­li­gny ’n aan­klag, nie net teen die men­se van daar­die dorp nie, maar ook teen ons as bur­gers van ’n land wat suk­kel om die i­ro­nie­se na­draai van ons eie ak­sies te sien.

Maar dalk help Co­li­gny ons tog om an­ders te treur.

■ Dr. Van Rooi is hoof van die F­re­de­rik van Zyl Slab­bert­in­s­ti­tuut vir S­tu­den­te­lei­er­skaps­ont­wik­ke­ling by die U­ni­ver­si­teit S­tel­len­bosch.

Fo­to: FELIX DLANGAMANDLA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.