God kook kos en ver­raai ons

Twee flieks wat op die oom­blik wys, durf uit ver­skil­len­de kan­te die vraag aan van waar­om God men­se laat ly. Si­len­ce ruk jou bin­ne­goed en The S­hack ant­woord met soe­te woor­de, skryf Chris­ti­na Land­man.

Beeld - - BY -

Hoe kan ons in God glo as hy nie pyn van ons kan weg­hou nie? Vir die mees­te men­se staan of val hul ge­loof by hier­die vrae. ’n Mens is dus nie ver­baas dat 95% van al­le te­o­lo­gie pro­beer om God on­skul­dig te maak aan hier­die vraag nie: “Waar is God as ek ly?”

Si­len­ce is ’n dra­ma­tie­se ver­haal van twee mon­ni­ke uit die 17de eeu wat hul men­tor in Ja­pan gaan soek wat glo die Chris­te­li­ke ge­loof af­ge­sweer het. In Ja­pan loop hul­le hul­le in ver­skrik­li­ke mar­te­ling vas. En te mid­de van al die on­mens­li­ke ly­ding, bly God een­vou­dig stil . . . of so dink hul­le.

In The S­hack praat God baie. Die fliek is ge­grond op ’n top­ver­ko­per. Dit han­del oor Mack, ’n voor­ste­de­li­ke, wit, mid­del­klas­man wat ge­reeld met sy ge­sin kerk toe gaan. Hier­die ge­troue lands­bur­ger en kerk­gan­ger se dog­ter­tjie word ont­voer en ver­moor ter­wyl hy met sy kin­ders op ’n uit­stap­pie in die bos­se is. ’n Ver­plet­ter­de Mack gaan te­rug na die “s­hack” waar sy dog­ter se rok­kie ge­kry is.

En daar vind hy vir God, ’n sag­ge­aar­de swart vrou wat aan­hou­dend kos­kook en men­se met haar moe­der­li­ke lief­de ver­sorg.

Op Mack se diep vrae vra oor sy ly­ding, kry hy ont­span­ne, kom­mer­lo­se ant­woor­de. Dit lyk as­of God sê: Dis is maar die le­we. As jy swaar­kry, is dit nie God wat iets teen jou het nie. God is maar net lief vir jou. Vat God se hand en tel die stuk­ke van die le­we op. Swaar­kry, ver­lies . . . die le­we ge­beur.

En eint­lik moet jy God in el­ke buur­vrou raak­sien wat vol deer­nis vir jou is. En elk­een wat jou laat lag en van jou sor­ge ver­geet, is vir jou ’n Je­sus. Elk­een wat met diep woor­de met jou praat – al ver­staan jy dit nie – praat met jou as die Hei­li­ge Gees.

So, dit is dan The S­hack se Gods­beeld: God is on­voor­waar­de­lik lief vir jou. Moe­nie pyn en ly­ding te erns­tig op­neem nie. Moet ver­al nie iets god­de­liks daar­van maak nie. Moe­nie God met die kwa­de ver­bind nie. Dink po­li­ties kor­rek, of­te­wel in­klu­sief, oor God. Kry ’n glim­lag op jou ge­sig.

En as jy ná twee uur vro­lik en ge­troos uit dié fliek uit­stap, is jy nie nood­wen­dig ’n be­ter mens nie, maar ’n an­der mens as ek.

Si­len­ce is twee en ’n half uur lank. Dit kyk uit ’n an­der hoek na God, ly­ding en die kwa­de. Die Je­su­ï­tie­se pries­ter, Ro­dri­gues, reis saam met sy me­de­mon­nik Ga­ru­pe na Ja­pan. Dis die 17de eeu en die Chris­ten­dom word mee­do­ën­loos uit­ge­roei.

Die twee wil nie die sto­ries glo dat hul men­tor, va­der Fer­rei­ra, sy ge­loof ver­saak het en op die plaak met Je­sus se ge­sig ge­trap het, soos wat ver­eis is nie. Op hul reis loop hul­le vir Ki­chi­ji­ro raak, ’n Ja­pan­nees wat ’n Chris­ten was, maar sy ge­loof ver­saak het. Daar­voor is sy he­le ge­sin in elk ge­val in die o­pen­baar ver­brand.

Ki­chi­ji­ro vra van die pries­ters om hom hier­voor vry­spraak (ab­so­lu­sie) te gee. Hy stel die pries­ters aan die klein Chris­te­li­ke ge­meen­skap­pies van on­ge­let­ter­de Ja­pan­ne­se klein­boe­re voor wat heel­te­mal on­der­gronds ge­gaan het.

Hul­le is diep dank­baar om nou pries­ters te hê om die Nag­maal te be­dien. Maar Ro­dri­gues voel dat hul­le nie reg­tig die Chris­te­li­ke ge­loof ver­staan nie. Hul­le be­klem­toon die sim­bo­le en klou vas aan die i­dee van ’n pa­ra­dys waar hul­le nie so hard sal hoef te werk nie en mens­waar­dig­heid sal hê.

Die fliek vat ons op ’n skrik­wek­ken­de reis waar­in die Ja­pan­ne­se “in­kwi­si­sie” die Chris­te­ne uit­snuf­fel en vrees­li­ke do­de laat ster­we. Aan krui­se met ko­ken­de wa­ter wat oor hul­le ge­sprin­kel word. Aan krui­se ter­wyl hul­le uit­ein­de­lik ná dae in die see ver­drink. Of on­der­ste­bo ge­hang bo mens­li­ke eks­kre­sie ter­wyl hul eie bloed oor hul­le af­drup.

Deur al hier­die ly­ding en ver­skrik­king is God stil. Si­len­ce. Ro­dri­gues soek naar­stig na God. Maar God is nie daar nie. Net Ki­chi­ji­ro is heel­tyd daar.

Wan­neer Ro­dri­gues deur die stra­te op ’n don­kie ge­pa­ra­deer word so­dat men­se hom met vrot goed kan gooi, kyk hy om en sien Ki­chi­ji­ro in die ska­re. Hy skree vir hom: Hoe­kom ag­ter­volg jy my?

Ná nog ’n bloe­di­ge ont­hoof­ding weet Ro­dri­gues dat Ki­chi­ji­ro die een is wat hul­le ver­raai. En ter­wyl Ro­dri­gues en die an­der Chris­te­ne in die tronk sit en die erg­ste ver­wag, kom vra Ki­chi­ji­ro die ver­slae, ver­war­de pries­ter weer eens om hom vry­spraak te gee.

En s­kie­lik be­sef Ro­dri­gues. God was heel­tyd as Ki­chi­ji­ro saam met hul­le. God was toe al die tyd nie stil nie. God het hul­le

God ver­oor­saak pyn, en vra bo­mens­li­ke lo­ja­li­teit. En al­tyd wil God weer daar­voor ver­ge­we word.

nooit uit­ge­los nie.

God is die een wat hul­le ver­raai en in die steek ge­laat het – en al­tyd weer deur ons vry­ge­spreek wil word. Soms is God ’n Chris­ten, en soms nie. Soos Ki­chi­ji­ro. God ver­oor­saak pyn, en vra bo­mens­li­ke lo­ja­li­teit. En al­tyd wil God weer daar­voor ver­ge­we word.

En só bring hul­le Ro­dri­gues se men­tor, Fer­rei­ra, na hom. Fer­rei­ra is nou ’n Boed­dhis­tie­se mon­nik wat sy tyd daar­aan wy om te skryf oor wat gods­diens­te met me­kaar ge­meen het.

Fer­rei­ra het sy ge­loof ver­saak, en op Chris­tus se ge­sig ge­trap om an­der plaas­li­ke Chris­te­ne ont­set­ten­de ly­ding en mar­te­ling te spaar.

En só ver­lo­ën pries­ter Ro­dri­ques ook sy ge­loof. Te mid­de van Chris­te­ne wat on­der­ste­bo in hul eie eks­kre­sie hang, trap hy op die plaak met Je­sus se ge­sig. Só, en net só, red hy hul le­wens.

Hy word ’n Boed­dhis­tie­se pries­ter en erf ’n oor­le­de pries­ter se vrou en kind.

Ki­chi­ji­ro word ge­vang met ’n Chris­te­li­ke sim­bool om sy nek. Hy word weg­ge­lei en nie­mand weet wat hul­le met hom ge­doen het nie.

Uit­ein­de­lik sterf Ro­dri­gues op ’n ge­vor­der­de ou­der­dom. Hy kry ’n Boed­dhis­tie­se be­graf­nis. Die fliek sluit met ’n blik op sy hand waar­in hy ’n beeld­jie met Chris­tus aan die kruis vas­klem.

Wat moet ’n mens nou hier­van maak?

Is God on­voor­waar­de­lik lief­de­vol soos die swart tan­nie in The S­hack, wat jou ly­ding met kos en druk­kies weg­vat, ter­wyl sy jou vir ’n rus­ti­ge tyd saam met God se ge­sin in­nooi?

Of is God die een oor wie ons nooit die waar­heid sal weet nie? Wat juis met ons praat deur an­der men­se se ver­twy­fe­ling? Wat dalk nie eens wil hê dat ons die pad saam met hom deur ’n spe­si­fie­ke gods­diens moet stap nie? Wat vir ons wil sê: As dit by ly­ding kom, is waar­heid nie eens ter spra­ke nie, maar mens­lik­heid en deer­nis?

Of ver­staan ons so min van God dat ons hom in die lig­gaam van ons ge­loof ge­sit het – en wan­neer hy ons dan “ver­raai”, spreek ons hom maar al­tyd weer vry om ons ge­loof te be­skerm?

Si­len­ce laat hier­die vrae ont­staan, maar gee nie ant­woor­de nie. Dit kan ’n mens se erg­ste mar­te­ling word: om nie ant­woor­de te hê nie.

Mis­kien lê die ant­woord dalk daar­in om nie ’n ant­woord te hê nie. The S­hack en Si­len­ce nooi ons op ver­skil­len­de ma­nie­re uit om ons te ver­won­der oor die pad wat ’n mens met God kan stap.

En dis ’n pad waar­op ons mens­lik­heid vir God die be­lang­rik­ste is.

Of so lyk dit.

■ Prof. Land­man is di­rek­teur van die Na­vor­sings­in­sti­tuut vir Te­o­lo­gie en Re­li­gie by U­ni­sa.

Li­am Nee­son speel va­der C­ris­tó­vão Fer­rei­ra in Si­len­ce. Fo­to: KERRY BRO­WN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.