Kom ons ver­an­der nóg stra­te se na­me

Beeld - - BY -

om ’n slag vir ver­soe­ning te slaan?

Ver­soe­ning?

K­link by­na na ’n ver­ge­te woord ter­wyl al­ler­lei hof­sa­ke die af­ge­lo­pe tyd ons her­in­ner aan die die­pe ver­skeurd­heid in ons land. Om van die ge­paard­gaan­de be­to­gings, ge­weld en ver­woes­ting nie te praat nie.

Juis daar­om is dit al­tyd ge­leë om oor ver­soe­ning te praat. Mag ek jou daar­aan her­in­ner dat die al­ter­na­tief oor­log is – van die soort wat ons die laas­te tyd ge­sien het: ’n smeu­len­de, nim­mer­ein­di­gen­de ras­se-oor­log waar­in daar net ver­loor­ders gaan wees.

Gaan ’n paar nu­we straat­na­me hier­die golf van a­nar­gie en haat keer? K­wa­lik.

Daar is ve­le an­der be­lang­ri­ker sa­ke wat aan­dag moet kry, in­slui­tend ons elk­een se per­soon­li­ke ver­soe­nings­ge­ba­re waar ons daag­liks met ons me­de­bur­gers van an­der ta­le, kleu­re en e­ko­no­mie­se stand kon­tak het.

Waar­om dan die straat­naam­kwes­sie op­per?

Die e­mo­si­o­ne­le di­men­sie van straat- en dorps­na­me lê voor die hand.

Per­soon­lik vind ek geen ple­sier daar­in om daag­liks in Go­van M­be­ki­ry­laan te ry nie. Hy het nooit e­ni­ge ver­bin­te­nis met Pot­chef­stroom ge­had nie en my per­sep­sie van hom is dat hy ’n kei­har­de kom­mu­nis was wat niks tot die 1990’s se vre­de­spo­gings by­ge­dra het nie. Kerk­straat in P­re­to­ria het S­tan­za Bo­pa­pe ge­word. P­hi­lip K­gosa­na, wat op 23 jaar oud ’n op­tog van 30 000 men­se in Kaap­stad ge­lei het.

Oor T­ha­bo M­be­kistraat het ek erg ge­meng­de ge­voe­lens.

In Nel­son Man­de­lastraat ry ek wel met dank­baar­heid.

So sal elk­een sy eie ge­waar­wor­dings hê, soos dié van swart men­se wat waar­skyn­lik geen ple­sier put uit Hans S­tri­j­dom­laan of John Vor­ster­straat nie.

Jo­han Heyns- en Bey­ers Nau­déstraat is wel sim­bo­le van ver­soe­ning

vir die­ge­ne wat oud ge­noeg is om te ver­staan. Vir ’n nu­we ge­slag sal dit ver­dui­de­lik moet word. Daar­om is ek bly oor ’n Al­bert Lut­hu­li­laan in Pot­chef­stroom, want skool­kin­ders kan ge­rus van hier­die reus ge­leer word.

Ons kan hier­die skat aan­vul deur po­si­tief nog ’n paar hel­de in straat­na­me te ver­eer.

Dit is juis wat Kaap­stad nou oor­weeg met die moont­li­ke her­noe­ming van De Waal-pad tot P­hi­lip K­gosa­na­ry­laan. Wat ’n sto­rie is daar nie om oor hier­die man te ver­tel nie!

Dié PAC-stryd­ros is on­langs op 80-ja­ri­ge ou­der­dom oor­le­de.

In 1960 het hy as jong man van 23 jaar in ’n kort­broek

30 000 men­se in Kaap­stad op ver­stom­men­de wy­se ge­lei en op die woord van ’n po­li­sie­man hul­le vreed­saam laat om­draai en huis toe gaan. Net om daar­na, in op­drag van die mi­nis­ter van po­li­sie, ge­ar­res­teer te word.

Van die be­loof­de ont­moe­ting het da­dels ge­kom.

Hy het ne­ge maan­de lank ge­wag vir borg­tog en is toe land­uit, waar hy vir 36 jaar in bal­ling­skap ge­bly het. In 1996 het hy uit­ein­de­lik tuis ge­kom en noord van P­re­to­ria met si­trus gaan boer.

’n Man om ter ver­eer en as rol­mo­del voor te hou aan ’n jeug son­der hoop of toe­koms.

■ Prof. Jo­han­nes Fro­ne­man is ver­bon­de aan die Noord­wes­U­ni­ver­si­teit.

Fo­to: A­LET PRETORIUS

Fo­to: LUCKY MORAJANE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.