Jou pa is vo­ël­vry, maar jou ma . . .

Beeld - - BY -

Hoor jy. Ek praat met jou. Jou ma se . . .

Dis al waar­aan aan ek dink wan­neer ek jou sien. Dit is haar skuld dat jy so is.

Nie­mand an­ders s’n nie. As ek jou sien, dan dink ek: Hier­die ou se ma se . . .

Sy is nie soos jou pa nie. Nee. Jou pa is vo­ël­vry. Hy kan e­ni­ge tyd loop. Hy kan sy kar weer in ie­mand an­ders se ga­ra­ge gaan par­keer.

Jou pa ver­geet jou net soos hy ’n pen ver­geet. Net soos hy die oom­blik voor die ses­de whis­key ver­geet.

Hy kan aan­hou roei of jy in die boot is, aan die boot vas­klou of bloot net af­ge­val het. Jou pa is soos ’n re­ke­naar – hy kan sy ge­heue uit­vee. Jou be­staan weg­vee.

Hy kan jou slaan as­of jy ’n muur is en skop as­of jy sand is. Son­der dat sy hart roer. Jou pa.

Ek vryf ’n bie­tjie al­mal se bles­se on­der een lap, maar as die skoen pas . . .

Jou ma.

Sy kan nie so mak­lik net die pad vat en loop nie.

Jy het haar ge­ken voor jy jou pa ge­ken het. Vir ne­ge maan­de het haar hart­klop vir jou ver­tel van haar ge­moed.

Haar stem het aan jou ge­raak. Sy het haar kos met jou ge­deel en soms ook haar sluk wyn.

Sy het jou ge­gee waar­voor jy lus was. Sy het se­ker ge­maak dat jy ge­luk­kig is. Soos die gas­vrou van ’n gas­te­huis.

Dis nie vir haar mak­lik om soos ’n pad­da op die vol­gen­de blaar te hop nie.

Sy het vir maan­de al die moei­te ge­doen om jou te dra en te ver­dra.

Deur haar tra­ne en een­saam­heid wan­neer sy jou pa se kar in die buur­vrou se ga­ra­ge ge­sien het, het sy by jou ge­bly.

Al haat jy haar, hang sy aan jou en laat jou nie gaan nie.

Jy kan let­ter­lik moord pleeg en sy sal jou nie weg­gooi nie.

Het jy al die hof­fo­to’s ge­sien in die koe­ran­te?

Die seun het om­trent die he­le skool uit­ge­roei. Hy sit daar met ’n don­ker glim­lag, ge­stroop van e­ni­ge be­rou.

In die ag­ter­grond sit sy ma. Sy klou aan haar hand­sak vas. Sy klou aan die He­re vas.

Haar oë blink van die seer, maar sy sit.

Sy gee nie om of die ka­me­ras haar vang nie.

Sy huil die hard­ste wan­neer haar seun skul­dig be­vind is. Jou ma.

Jou pa kan jou af­skryf vir goed so klein soos van wie jy hou, wat jy doen, saam met wie jy uit­hang, met wie jy kys. Jou maak suk­kel vir die ge­ring­ste ding.

Sy dra baie e­ti­ket­te. Tert. S­let. Hoer. Teef. Dit is wat jou pa haar sal noem.

Jou stief­pa. Haar kê­rels. Die bu­re. Die ge­meen­te. Haar vrien­din­ne. Maar al hier­die is be­ter as vark.

Daar is net een mens deur dik en dun, deur siek­te en ge­sond­heid en dit is daai vrou.

Jy is hier weens jou ma . . . Jou ma se hart . . .

Ge­luk­ki­ge moe­ders­dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.