Waar is die mo­re­le moed?

Die Grond­wet is ’n kar­di­na­le skans teen die mis­bruik van staats­mag en ­bron­ne. Dit is óns taak om te sorg dat dit so bly en dat lei­ers oor­een­koms­tig die Grond­wet op­tree, skryf T­re­vor Ma­nu­el.

Beeld - - BY -

Ka­me­raad Ka­der As­mal se groot­ste by­drae tot SuidA­fri­ka was sy aan­deel in die skryf van die Grond­wet. Dit is be­kend dat die pro­ses by die As­mals se kom­buis­ta­fel in hul huis in Du­blin be­gin het toe ’n groep in op­drag van die des­tyd­se ANC-pre­si­dent, O­li­ver R. Tam­bo, die taak aan­ge­pak het.

Ju­ris­te en grond­wet­li­ke regs­ge­leer­des o­ral­oor prys Suid-A­fri­ka se Grond­wet as die bes­te, ge­vor­derd­ste en be­vry­dend­ste een. Dit is tra­gies dat die mees­te Suid-A­fri­ka­ners dit nóg ken nóg ei­e­naar­skap daar­van aan­vaar.

Ter­wyl ons die 21-jaar-her­den­king van die aan­vaar­ding van die Grond­wet vier, is dit tyd om be­stek van ons stig­tings­do­ku­ment op te neem.

’n Deel van die erns­ti­ge fout wat ons be­gaan het, was dat ons ná die aan­vaar­ding daar­van die stryd in ons ge­dag­tes as af­ge­han­del ver­klaar het. Ons het met die al­le­daag­se re­ge­rings­ta­ke voort­ge­gaan en nie be­sef dat ’n in­ten­se pro­gram van op­voe­ding en de­bat no­dig sou wees om te sorg dat die Grond­wet be­te­ke­nis in en ’n im­pak op die le­we van ons men­se het nie. Ons het dit nie ge­doen nie. Van­dag lê hier­die vry­heid­sen na­sie­bou-in­stru­ment iet­wat en stof ver­ga­der.

Tog word ons el­ke dan en wan aan sy waar­de her­in­ner. Een so ’n ge­val was toe hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng op 31 Maart 2016 die be­lang­ri­ke kon­sen­sus­uit­spraak oor N­kand­la ge­le­wer het. ’n Deel daar­van lui: “Een van die deur­slag­ge­wen­de e­le­men­te van ons grond­wet­li­ke vi­sie is om be­slis­send weg te be­weeg van die on­ge­brei­del­de mis­bruik van staats­mag en -bron­ne, wat ge­du­ren­de die a­part­heids­e­ra feit­lik ge­ïn­sti­tu­si­o­na­li­seer is.

“Om hier­die doel­wit te be­reik het ons ver­ant­woord­baar­heid, regs­oe­we­rei­ni­teit en die op­per­ge­sag van die Grond­wet as waar­des van ons grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie aan­vaar. Daar­om ig­no­reer o­pen­ba­re amps­dra­ers hul grond­wet­li­ke ver­plig­tin­ge op eie ri­si­ko. Dit is so om­dat kon­sti­tu­si­o­na­lis­me, ver­ant­woord­baar­heid en die op­per­ge­sag van die reg die skerp en mag­ti­ge swaard is wat oor­ge­haal is om die aak­li­ge kop van straf­fe­loos­heid van sy on­buig­sa­me nek af te kap.”

Daar­die uit­spraak her­in­ner ons aan die be­slis­sen­de weg­be­weeg van ti­ran­nie na ’n grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie. Dit her­in­ner ons voorts dat die blo­te teen­woor­dig­heid van ho­we wat ja­loers oor ons Grond­wet waak, on­vol­doen­de is. Ons ho­we is die laas­te ver­de­di­gings­li­nie. Om aan ons grond­wet­li­ke waar­des ge­stal­te te gee, het ons ’n wet­ge­wen­de en ’n uit­voe­ren­de ge­sag no­dig wat hul man­daat erns­tig op­neem.

In die­self­de hof­uit­spraak is in Pres. Ja­cob Zu­ma lê in 2014 die amps­eed af voor hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng.

re­ak­sie op ’n aan­soek deur die EFF be­vind dat die pre­si­dent, as hoof van die uit­voe­ren­de ge­sag, “nie sy grond­wet­li­ke ver­plig­tin­ge na­ge­kom het nie” en dat die N­kand­la-ge­volg­trek­kings “neer­kom op ’n mis­luk­king deur die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring om sy grond­wet­li­ke ver­plig­tin­ge na te kom”.

Dit is ’n ver­skrik­li­ke tra­ge­die as twee vleu­els van die re­ge­ring, die wet­ge­wen­de en die uit­voe­ren­de ge­sag, na­laat om be­grip te toon vir hul grond­wet­li­ke ver­ant­woor­de­lik­heid om die be­lan­ge van die de­mo­kra­sie te be­vor­der. Die ho­we word voort­du­rend ge­toets en staan ge­luk­kig sterk in die be­lang van ons waar­des, maar kan nie die ver­ant­woor­de­lik­heid om aan ons Grond­wet ge­stal­te te gee al­leen dra nie.

Die be­vin­ding oor die “on­ge­brei­del­de mis­bruik van staats­mag” is van deur­slag­ge­wen­de be­lang, ver­al van­dag, waar ons in tal­le wê­reld­de­le ’n be­we­ging na ti­ran­nie waar­neem. Ons het dit on­langs in Tur­kye ge­sien, waar die re­fe­ren­dum aan pres. Tayyip Er­do­gan die mag be­sorg het om te doen net wat hy wil, son­der be­heer deur e­ni­ge staats­lig­gaam. Ons sien dit in die ont­vou­en­de ge­veg­te in Ve­ne­zu­e­la, waar pres. Ni­colás Ma­du­ro ver­ko­se par­le­ments­le­de deur sy eie aan­stel­lings wou ver­vang en hy reeds die reg­bank met sy aan­han­gers ge­laai het om sy stand­pun­te toe te pas. Ons sien die ti­ran­nie by pres. Ro­dri­go Du­ter­te van die Fi­lip­py­ne, wat ver­klaar het “hy gee nie ’n duit vir men­se­reg­te om nie”. En ons neem dit al­te dik­wels waar in pres. Wla­di­mir Poe­tin van Rus­land, wat on­be­teu­eld

op­tree. Dit is in sul­ke tye dat ons werk­lik die waar­des van ons Grond­wet waar­deer, as­ook die in­stel­lings wat daar­deur ge­skep is, soos die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof.

Die vraag wat ons moet be­ant­woord, is hoe ons die in­klu­sie­we om­gee-sa­me­le­wing kan skep wat ons Grond­wet van ons ver­eis.

Kom ons dink oor die sa­me­stel­ling daar­van na:

■ Ten eer­ste word die doel­wit van die Grond­wet in die aan­hef uit­een­ge­sit, waar­in on­der meer van die sa­me­le­wing ge­vra word om:

1. die ver­deeld­heid van die ver­le­de te heel en ’n sa­me­le­wing ge­grond op de­mo­kra­tie­se waar­des, maat­skap­li­ke ge­reg­tig­heid en ba­sie­se men­se­reg­te te skep;

2. die grond­slag te lê vir ’n de­mo­kra­tie­se en oop sa­me­le­wing waar­in re­ge­ring ge­grond­ves is op die wil van die be­vol­king en el­ke bur­ger ge­lyk deur die reg be­skerm word; en

3. die le­wens­ge­hal­te van al­le bur­gers te ver­hoog en die po­ten­si­aal van el­ke mens te ont­sluit. ■ T­wee­dens word die grond­lig­gen­de be­pa­lings uit­een­ge­sit, wat ’n ver­bin­te­nis tot mens­waar­dig­heid, nie­ras­sig­heid en nie­sek­sis­me, al­ge­me­ne vol­was­se stem­reg, die op­per­ge­sag van die Grond­wet, bur­ger­skap, die na­si­o­na­le lied en ons ta­le in­sluit.

■ Der­dens word die Hand­ves van Reg­te, wat as die “hoek­steen van die de­mo­kra­sie” be­skryf word, uit­een­ge­sit. Van hier­die reg­te kan selfs van­dag om­stre­de lyk.

Art. 7 (2) laat geen ruim­te vir twy­fel oor ver­ant­woor­de­lik­heid nie. Dit lui: “Die staat moet die

reg­te in die Hand­ves van Reg­te eer­bie­dig, be­skerm, be­vor­der en ver­we­sen­lik.”

Art. 9 (1) lui: “Elk­een is ge­lyk voor die reg en het die reg op ge­ly­ke be­sker­ming en voor­deel van die reg.”

Art. 25 (2) lui: “Ei­en­dom mag slegs in­ge­vol­ge ’n al­ge­meen gel­den­de regs­voor­skrif ont­ei­en word – vir ’n o­pen­ba­re doel of in die o­pen­ba­re be­lang en on­der­wor­pe aan ver­goe­ding waar­van die be­drag en die tyd en wy­se van be­ta­ling óf deur die­ge­ne wat ge­raak word aan­vaar is óf deur ’n hof be­paal of goed­ge­keur is.”

Art. 29 lui: “Elk­een het die reg op . . . ver­de­re (ho­ër) on­der­wys wat die staat deur mid­del van re­de­li­ke maat­re­ëls in toe­ne­men­de ma­te be­skik­baar en toe­gank­lik moet maak.”

Al is dié ar­ti­kels hóé be­lang­rik, is e­ni­ge ou­to­ma­tie­se toe­pas­sing daar­van on­waar­skyn­lik. Die Grond­wet stip­pel die doel­wit­te vir die ge­meen­skap uit – ’n reg­ver­di­ge sa­me­le­wing wat die be­lan­ge en le­wens­ge­hal­te van el­ke bur­ger be­vor­der.

Om aan dié waar­des en doel­wit­te ge­stal­te te gee, ver­eis e­tie­se po­li­tie­ke lei­er­skap en ’n ak­tie­we bur­ge­ry.

Wat word der­hal­we van ons ver­wag wan­neer die­ge­ne wat ons re­geer nie vol­gens die be­doe­lings van die Grond­wet op­tree nie?

Wan­neer die pre­si­dent nie oor sy ver­ant­woor­de­lik­he­de as lei­er en sy amps­eed praat nie, maar eer­der oor die feit dat hy nie bang is om tronk toe te gaan nie, mis­luk hy as lei­er.

Be­paal­de waar­he­de is dui­de­lik in ver­skil­len­de ar­ti­kels van die Grond­wet. Daar word sen­si­tief met ei­en­doms­reg­te om­ge­gaan – deels om die ti­ran­nie van die ver­le­de te ver­hin­der wat in­ge­vol­ge die Groeps­ge­bie­de­wet ge­dwon­ge ver­skui­wings en tal­lo­se da­de van ter­reur teen die men­se tot ge­volg ge­had het.

Nê­rens in art. 25 word die “ge­wil­li­ge ko­per, ge­wil­li­ge ver­ko­per”-be­gin­sel ge­noem nie. Dié ar­ti­kel ver­eis ’n al­ge­meen gel­den­de regs­voor­skrif om voor­sie­ning vir ont­ei­e­ning “vir ’n o­pen­ba­re doel of in die o­pen­ba­re be­lang” te maak. Grond vir her­ver­de­ling is oog­lo­pend in die o­pen­ba­re be­lang. Tog het die par­le­ment 21 jaar ná die aan­vaar­ding van ons Grond­wet steeds nie ’n ont­ei­e­nings­wet op­ge­stel wat die toets deur­staan nie. Der­hal­we duur die be­na­de­ling weens ’n ge­brek aan grond voort.

Dit is die ge­volg van mens­li­ke traag­heid en nie die Grond­wet se skuld nie.

Om aan die hand te doen dat die Grond­wet ver­an­der moet word wan­neer ’n goed ge­for­mu­leer­de wet die doel­wit van doel­tref­fen­der grond­her­vor­ming kan be­werk­stel­lig, is ag­ter­baks.

Ons kan ge­reg­tig­heid aan die vi­sie en die sa­me­stel­ling van reg­te en ver­ant­woor­de­lik­he­de soos deur ons Grond­wet ver­woord, laat ge­skied as ons die­self­de on­ge­duld o­pen­baar as dié wat As­mal met be­trek­king tot die in­wer­king­stel­ling daar­van aan die dag ge­lê het.

■ Dié stuk is ’n ge­re­di­geer­de weer­ga­we van die eer­ste Ka­der As­mal­ge­denk­le­sing, wat op 6 Mei van­jaar by die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad ge­le­wer is.

■ Ma­nu­el is ’n voor­ma­li­ge mi­nis­ter van fi­nan­sies.

Fo­to: ELMOND JIYANE | GCIS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.