Af­tree­plan: Só moet jy van 35 tot 50 dink

Tien pun­te wat jou oor jou af­tre­de­be­plan­ning sal laat na­dink

Beeld - - SAKE - C­HAR­NÉ VAN DER WALT

Vir el­ke ou­der­doms­groep is daar be­paal­de uit­da­gings wat be­tref hul be­plan­ning vir af­tre­de. Vir jong men­se is dit moei­lik om te (be­gin) spaar en vir dié wat na­by aan af­tre­de is, is dit moei­lik om by af­tre­de te be­sef dat hul­le dalk lan­ger sal moet werk.

Dit is nie vir al­mal ewe lek­ker om ou­er te word nie. Tog kom daar ’n ma­te van wys­heid en ge­mak met jou­self wat groot vry­heid bring. Dit be­hoort, soos jy ou­er word, mak­li­ker te word om “ja” te sê vir wat vir jou goed is en “nee” wat vir jou sleg is.

As jy tus­sen 35 en 50 jaar is (ou­er as jonk en jon­ger as af­tree-ou­der­dom), lys ek vir jou tien pun­te wat jy kan ge­bruik om weer te dink oor jou af­tre­de, hoe (en wat) jy spaar en waar jy ver­an­de­rings kan maak (in jou den­ke of op­tre­de).

Op­pas om te veel ke­re “oor te be­gin” met nu­we of duur­der ei­en­dom­me of mo­tors.

As jy op dié ou­der­dom ’n be­hoor­li­ke af­tree­plan op­stel, sal dit jou help be­sef dat jy moont­lik nie jou le­wen­styl nóg of té bui­ten­spo­rig moet ver­hoog nie.

Waar­om moet jy heel­tyd na ’n gro­ter huis toe trek, al is dit dalk ’n paar jaar voor­dat die kin­ders uit die huis is? Wil jy el­ke keer be­gin met ’n nu­we 20jaar-ver­band­ter­myn?

En dan is daar die nu­we mo­tor wat so­veel men­se soos klok­slag el­ke vyf jaar aan­skaf.

As ons net kan leer om met min­der te­vre­de te kan wees, kan ons gou­er son­der skuld wees. Ek ver­staan dat om­stan­dig­he­de, in­kom­ste­ver­dien­ste en ge­sins­be­hoef­tes deur die ja­re ver­an­der, maar pro­beer doel­be­wus om wy­se fi­nan­si­ë­le be­slui­te te neem in el­ke sei­soen van jou le­we so­dat dit uit­ein­de­lik saam by­dra tot ’n be­ter af­tre­de. Op­pas vir té ho­ë­ri­si­ko­be­leg­gings­be­slui­te om­dat jy bang is daar is te min tyd oor voor jou af­tre­de.

As jou hui­di­ge af­tree­plan wys dat jy bui­ten­ge­wo­ne groei moet be­haal om op ’n se­ke­re ou­der­dom te kan af­tree, is die kans gro­ter dat jy ge­dwon­ge voel om be­leg­gings­keu­ses te maak wat As jy 35 tot 50 jaar oud is, er­vaar jy druk om vir jou ge­sin te sorg, en dalk ook druk om jou ou­ers te on­der­steun. Maar jy het steeds be­heer oor heel­wat van die geld wat jy be­stee – en jy móét vir jou eie af­tre­de be­plan.

teen­stry­dig is met hoe jy dink en voel oor ri­si­ko.

Om ’n af­tree­plan in ’n rig­ting te “dwing” is nie wys nie.

Werk ook met re­a­lis­tie­se sy­fers en pro­jek­sies in die af­tree­plan. As jou af­tree­plan net uit­werk as jy op 3%-in­fla­sie werk, dan soek jy moei­lik­heid. Jy gaan moont­lik meer moet spaar of lan­ger moet werk om jou doel­wit­te vir af­tre­de te be­reik. Op­pas vir op­mer­kings soos “ek kan dit be­kos­tig” of “ek werk hard, ek ver­dien dit”. Die mees­te van ons is op dié ou­der­dom ge­ves­tig in ’n be­roep (daar­om ook dat die on­der­vin­ding van af­leg­ging op dié ou­der­dom so in­tens kan wees).

As dit ge­paard­gaan met ’n ge­mak­li­ke sa­la­ris, is die ver­soe­king groot om skuld te maak teen jou vol­le in­kom­ste.

Wat my op­val on­der kli­ën­te, is dat dié wat meer ver­dien, nie nood­wen­dig meer be­skik­baar het per maand ná al­le ver­plig­tin­ge na­ge­kom en uit­ga­wes be­taal is nie.

Wees voor­be­reid om moont­lik fi­nan­si­eel vir jou ou­ers te sorg (of by te dra tot hul­le le­wens­kos­tes).

’n Ek­ster­ne fak­tor wat jou af­tree­plan ne­ga­tief kan be­ïn­vloed, is wan­neer jy be­trok­ke raak by jou ou­ers se fi­nan­si­ë­le ver­sor­ging.

El­ke si­tu­a­sie hier moet in­di­vi­du­eel en nie-e­mo­si­o­neel be­na­der word. As jou ou­ers spe­si­a­le me­die­se sorg ver­lang, is dit nie nood­wen­dig ’n op­sie dat hul­le

by jou in­trek nie. As jy nie ruim­te het in jou be­gro­ting nie, kan só ’n ek­stra ver­ant­woor­de­lik­heid jou fi­nan­si­eel sleg tref en jou eie af­tree­plan van koers af stuur.

As dit ge­beur en jy sien dit is ’n lang­ter­myn­si­tu­a­sie, gaan jy dras­tie­se ver­an­de­rin­ge in jou eie le­we moet maak om te ver­se­ker dat jy nie te veel skuld maak nie.

Pro­beer ook ver­my dat jy la­ter nie self kan af­tree en weer by jou kin­ders moet gaan aan­klop vir fi­nan­si­ë­le hulp nie.

Wees ver­ant­woor­de­lik met die geld wat jy het.

Jy moet maar net meer be­spaar vir af­tre­de.

Daar’s geen an­der keu­se nie. Kyk ge­reeld na jou uit­ga­wes, en spaar waar jy kan. Los uit­ga­wes waar jy ’n keu­se het en dit nie kan be­kos­tig nie.

As jy jou sel­foon­kon­trak her­nu word, pro­beer om ten min­ste nie die uit­ga­we te laat ver­hoog nie. As jy iets klaar be­taal het, ver­hoog een van jou spaar­plan­ne met daar­die be­drag.

Wees in­ge­lig oor af­tre­de-on­der­wer­pe deur na­vor­sing te doen op die web of deur te lees oor af­tre­de.

Dit maak jou be­wus van die re­a­li­teit van af­tre­de en be­ïn­vloed po­si­tief hoe jy vir af­tre­de be­plan.

Maak vre­de met die feit dat jy mis­kien lan­ger sal moet werk.

As jou af­tree­plan wys dat af­tre­de op 60 of 65 jaar nie moont­lik

is nie, kan jy nou al daar­mee vre­de maak dat jy moont­lik lan­ger gaan moet werk. Vyf of tien jaar lan­ger waar­in jy in­kom­ste ver­dien, maak ’n groot ver­skil op ’n af­tree­plan.

Dit is be­ter om dit nou te be­sef as twee of drie jaar voor af­tre­de. Jy kan jou­self be­tyds be­gin in­rig vir en voor­be­rei op al­ter­na­tie­we vor­me van in­kom­ste.

Pas jou ge­sond­heid op.

Jou ge­sond­heid is een

jou groot­ste ba­tes in die le­we. As jy lan­ger moet werk, gaan dit mak­li­ker wees as jy ge­son­der is. Jy be­spaar ook só aan me­die­se uit­ga­wes.

Gaan stap ná werk of be­plan doen­din­ge vir na­we­ke soos kort stap­roe­tes of an­der uit­stap­pies in die na­tuur. As jy nie kan reis nie, sit in jou tuin of op jou stoep.

Moe­nie din­ge op­krop nie, maar be­spreek jou af­tre­de, toe­koms­dro­me en be­kom­mer­nis­se met men­se wat jy ver­trou.

Wees dank­baar vir wat jy het. Dit be­vor­der nie net jou lig­gaam­li­ke ge­sond­heid nie, maar gee vir jou ’n ge­voel van vreug­de te mid­de van die le­we se daag­lik­se uit­da­gings.

Ge­sels met men­se wat reeds af­ge­tree is.

Hoor by hul­le wat hul­le an­ders sou doen. Ek dink ons vra so min die me­nings van die ou­er men­se in ons ge­meen­skap en hul­le het so­veel wys­heid en er­va­ring om te deel. Jy se­ën ter­self­der­tyd daar­die per­soon se

ge­moed om­dat jy vir hul­le en hul­le le­wens­ver­haal tyd ge­maak het.

Dis baie moei­lik vir ou9er men­se om ’n groot huis te ont­ruim, te trek na ’n af­tree­oord en om nu­we vrien­de in ’n nu­we om­ge­wing te maak. Doen dit ter­wyl jy ge­sond is, die e­mo­si­o­ne­le krag het en waar dit jou vrye keu­se is. Kort vroeg­ty­dig en doel­be­wus in na ’n klei­ner huis met la­er in­stand­hou­dings­uit­ga­wes.

As jy in ’n be­voor­10reg­te

po­si­sie is om ou­ers, ’n ga­de of reeds fi­nan­si­ë­le vry­heid te hê wat maak dat jy nie hoef te werk nie, is my raad nog steeds “kry ’n werk”.

Dit hou jou uit die kwaad, dra by tot ’n ge­meen­skap, hou jou ne­de­rig en jy ge­bruik jou ta­len­te. As jou si­tu­a­sie ooit moet ver­an­der, is jy ge­woond aan die dis­si­pli­ne van werk.

Om bin­ne jou per­ke te leef, hoef nooit ver­ve­lig te wees nie. Hoe jy dink oor jou le­we, jou toe­koms en jou af­tre­de, be­paal in ’n groot ma­te jou le­wens­ge­hal­te. Daar is so­veel din­ge in die le­we waar­oor ons nie be­heer het nie, waar­om dan nie be­heer uit­oe­fen oor dié din­ge in die le­we waar­oor jy wel ’n sê het nie?

■ C­har­né van der Walt is ’n fi­nan­si­ë­le raad­ge­wer en be­las­ting­prak­ti­syn. Die ar­ti­kel is in le­ke­taal ge­skryf en be­vat nie spe­si­fie­ke of per­soon­li­ke raad nie.

Be­gin be­tyds in­kort. Werk.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.