Gog­ga maak vir B­re­ker bang

Beeld - - LEEFSTYL - JA­CO KIR­STEN @ja­co_­kir­sten

A s jy be­lang­stel in die 4x4-leef­styl, weet jy teen dié tyd al waar om o­ral te soek na die reg­te in­lig­ting.

Voor ’n reis na, kom ons sê Botswa­na, weet jy ge­woon­lik wat­ter grens­pos­te jy gaan ge­bruik, wat­ter do­ku­men­te jy moet saam­vat, wat­ter geld­een­heid hul­le ge­bruik, waar jy gaan bly en waar die vul­sta­sies min of meer is. Maar daar is een groot leem­te in al die in­lig­ting: Nie­mand ver­tel jou van die gog­gas nie.

Jy kry boe­ke so dik soos die kin­der­by­bel oor die vo­ël­le­we in Sui­der-A­fri­ka. Hoe die man­ne­tjies en wy­fies lyk, wat­ter ge­lui­de hul­le maak, wan­neer paar­tyd is, hoe hul nes­te lyk en wat hul­le eet. Jy kan ’n die­re­gids in haas el­ke boek­win­kel kry so­dat jy weet wat die ver­skil tus­sen ’n leeu en ’n ie­ter­ma­go is (die een is ge­vaar­li­ker as die an­der een, om nou maar een voor­beeld te noem).

Maar steeds is daar ’n leem­te oor gog­gas. Hoe­kom is dit so? Is dit om­dat men­se te bang is om daar­oor te praat? Of om­dat hul­le te bang is om te er­ken dat hul­le bang is daar­voor? Of is hul­le só bang dat hul­le nie eens na prent­jies van gog­gas wil kyk nie?

Ek het al – en ek ver­tel dit son­der om te blik of te bloos – soos ’n mei­sie ge­gil oor ’n on­ge­dier­te wat my ver­ras het. Ja, as jy so vier jaar ge­le­de aan die ein­de van No­vem­ber by die T­sau­chab-ri­vier­kamp na­by Sos­sus­vlei ge­bly het, het jy dalk een aand ’n bloed­stol­len­de gil ge­hoor.

Nee, dit was nie ’n mei­sie wat ge­skrik het om­dat ’n ou per on­ge­luk by die vroue se stor­te in­ge­stap het nie. Dit was ook nie ’n ou wat per on­ge­luk ’n vuur­warm braai­roos­ter met sy kaal han­de pro­beer om­draai het nie.

Dit was ek, in een van die E­nig­ie­mand sal skrik vir dié ge­doen­te, of jy nou ’n taai 4x4­en­toe­si­as is of nie.

cha­lets. Ek het die stort se kra­ne oop­ge­draai en in­ge­klim. Toe draai ek om en trek die gor­dy­ne toe. En toe staan ta – ’n ys­li­ke sker­pi­oen – daar in al sy glo­rie. Ek het, al gil­len­de, die gor­dy­ne oop­ge­pluk, uit­ge­spring en ’n ent ver­der tot ver­haal ge­kom. En be­sluit dat ek my­self maar by die was­bak sou was.

Ek het daai nag die mus­kiet­net styf on­der my ma­tras in­ge­druk

en pro­beer slaap.

Daar was die keer wat ons by Vum­ba­berg bui­te Mu­ta­re in Zim­bab­we ge­kamp het en my reis­ge­noot nie sy tent mooi toe­ge­rits het nie. Toe ons ná ete gaan in­kruip, het hy ’n lek­ker ha­ri­ge spin­ne­kop so groot soos ’n ba­ba­hond­jie in sy tent ge­kry. Gil­le het deur die stik­don­ker nag ge­lief. Ek het maar nog ’n dop ge­skink en se­ker ge­maak my tent se rits­slui­ter is be­hoor­lik toe.

Dan was daar die keer wat ek ’n Pa­je­ro se ag­ter­deur oop­ge­maak het en ’n groot re­ën­spin­ne­kop in die ga­ping tus­sen die deur en die bak­werk ont­dek het.

Hy het hom­self op sy ag­ter­po­te bo op die ag­ter­buf­fer staan­ge­maak en my uit­ge­daag. Dit het aan­lei­ding ge­gee tot ’n voor­val wat uit­ein­de­lik ’n blik­kie Doom, ’n be­sem­stok, ’n flits en ’n tek­kie be­hels het. Tot van­dag toe is ek op my pas­op­pens wan­neer ek ’n voer­tuig se ag­ter­deur oop­maak.

Is ek die e­nig­ste ou wat so voel? Laat weet my, want ek dink ons het ’n sa­ke­ge­leent­heid hier. Jy weet van daai web­ruim­te waar men­se in­lig­ting deel oor waar wild on­langs in die Kru­ger­wild­tuin ge­sien is? Kom ons be­gin een oor waar die le­lik­ste gog­gas on­langs raak­ge­loop is.

Ek dink ek moet die web­tuis­te da­de­lik re­gis­treer: www.Ek­sNManMaarEkGilSoosNMei­sie.com.

Ja­co Kir­sten is re­dak­teur van WegRy, Suid­A­fri­ka se groot­ste 4x4­tyd­skrif.

Fo­to: ISTOCK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.