Raak weg tus­sen ou bo­me in dié lus­hof

As daar nou ’n tuin is waar­in jy heel­dag kan weg­raak, is dit die park­ag­ti­ge, kleur­vol­le tuin van Mi­chel­le en A­dri­an van der Byl van I­re­ne in Gau­teng.

Beeld - - LEEFSTYL - LIENTJIE MENTZ @lien­tjieM

Baie van die ou bo­me in die Van der Byl-tuin is al meer as 90 jaar oud en kom uit die dae toe A­dri­an se ou­pa­groot­jie, Jo­han­nes Al­ber­tus van der Byl, die I­re­ne-land­goed in 1896 ge­koop het en hon­der­de bo­me hier ge­plant het.

Met die raam­werk van stok­ou bloe­kom­bo­me, geel­hout­bo­me, va­der­lands­wil­ge en ve­le meer, het Mi­chel­le toe sy en A­dri­an 20 jaar ge­le­de ge­troud is, die tuin on­der han­de ge­neem.

A­dri­an en Mi­chel­le sit die pas­sie van die Van der Byls voort en het deur die ja­re al hon­der­de bo­me ge­plant. A­dri­an het on­langs ook nog bo­me op die aan­gren­sen­de gholf­baan, wat met ’n ou klip­muur­tjie van die ei­en­dom ge­skei word, ge­plant.

Be­ne­wens die groot, slin­ge­ren­de bed­dings met vro­li­ke sei­soen­kleur, is daar o­ral in die tuin spe­si­a­le hoe­kies.

So is daar die Tuin van He­rin­ne­ring met sy klip­brug­gie wat ro­man­ties in ’n dam­me­tjie weer­kaats ter­wyl twee wit swa­ne heen en weer swem. Tus­sen twee 90 jaar oue bloe­kom­bo­me staan ’n be­son­der­se brons­stand­beeld, die Mur­der of the Sa­bi­ne, wat Mi­chel­le so­wat 18 jaar ge­le­de op ’n vei­ling in KZN ge­koop het.

Wan­del ’n mens ver­der deur die tuin ver­by die groot ou kan­fer­boom en nog ’n wa­ter­val, kom jy by nog ’n tuin­tjie wat aan ’n spe­si­a­le vriend op­ge­dra is. Die An­gel Ro­se Gar­den is ge­plant met sag­te wit ro­se met ’n paad­jie wat jou daar­deur na nog ’n hoe­kie van die tuin neem.

Mi­chel­le het twee van Su­zan­ne du Toit se be­son­der­se beeld­hou­wer­ke in die tuin. Die een is Teen Angle, wat so ge­po­si­si­o­neer is dat dit uit ver­skil­len­de hoe­ke ge­sien kan word.

Voor in die tuin is daar ’n groot vis­dam met ’n bou­val wat bo­kant die stads­uit­sig uit­troon. Dié bou­val en tal­le van die paad­jies en “mu­ra­sies” is ge­bou deur O­ver­ton Ban­da, wat al 20 jaar in dié tuin werk en mal is oor bou­werk. Die ste­ne wat ge­bruik word, is I­re­ne­chert uit die om­ge­wing.

Saam met Ban­da werk Cos­net T­see­di om dié tuin van meer as 2 ha in stand te hou.

Mi­chel­le se guns­te­ling­hoe­kie in die tuin is die kom­pos­hoop heel ag­ter in die tuin. Hier­naas is ’n be­graaf­plaas vir al die ou gra­we en krui­wa­ens wat deur die ja­re hul diens in dié merk­waar­di­ge tuin ge­doen het.

Die Van der Byls stel graag hul tuin oop vir die pu­bliek op ope dae wat vir ver­dien­ste­li­ke sa­ke aan­ge­bied word. Op hier­die ma­nier kry die pu­bliek so af en toe die ge­leent­heid om dié be­son­der­se stuk­kie hand­ge­vorm­de pa­ra­dys te sien.

Die prag­ti­ge tuin van A­dri­an en Mi­chel­le van der Byl in I­re­ne. Mi­chel­le plant graag spat­sels sei­soen­kleur wat kleur bring na die groot bed­dings on­der die tal­le koel­te­bo­me in die tuin. Fo­to’s: LIENTJIE MENTZ

Mi­chel­le van der Byl en O­ver­ton Ban­da, die man wat baie van die bou­werk in die tuin doen en al meer as 20 jaar in die tuin werk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.