11de nu­we GP­wen­ner in ’n ry in Bar­ce­lo­na?

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

Die Fin­se For­mu­le Een-ren­ja­er Valt­te­ri Bot­tas kan sy naam by ’n eks­klu­sie­we lys wen­ners voeg as hy dié na­week in Bar­ce­lo­na in die S­paan­se Grand P­rix (GP) se­ë­vier.

Dié ja­er van die Mer­ce­des-span is een van die guns­te­lin­ge na­dat hy op 30 A­pril die Rus­sie­se GP ge­wen het. ’n Se­ge mô­re sal be­te­ken Bot­tas word die 11de nu­we wen­ner ag­ter­een­vol­gens op die Ci­r­cuit de Ca­ta­lunya.

Geen an­der baan op die GP-ka­len­der het die af­ge­lo­pe de­ka­de el­ke keer ’n an­der wen­ner op­ge­le­wer nie. En dis nog­al i­ro­nies, aan­ge­sien dit ’n be­ken­de baan vir baie ja­ers is, wat dit in die win­ter­maan­de vir oe­fen­rond­tes ge­bruik.

Ver­le­de jaar was dit die 18-ja­ri­ge Ne­der­lan­der Max Ver­stap­pen wat die sport se jong­ste wen­ner ge­word het toe hy op die baan vir Red Bull ge­se­ë­vier het. Die oor­win­ning het ge­volg na­dat Ni­co Ros­berg en sy Mer­ce­des-span­maat, Le­wis Ha­mil­ton, reg aan die be­gin van die ren ge­bots het.

In 2012 het Pas­tor Mal­do­na­do van Ve­ne­zu­e­la sy eer­ste en e­nig­ste se­ge op die baan vir Wil­li­ams be­haal . . . dié ver­ras­sing was ook die span se laas­te tot nou toe.

Die hui­di­ge voor­lo­per op die F1-pun­te­lys, Fer­ra­ri se Se­bas­ti­an Vet­tel, en Ha­mil­ton, 13 pun­te ag­ter dié Duit­ser, spring ou­der­ge­woon­te mô­re as guns­te­lin­ge weg. S­jam­pan­je­se­ge! Valt­te­ri Bot­tas van Mer­ce­des vier sy oor­win­ning in die Rus­sie­se Grand P­rix in Sot­sji op 30 A­pril. Hy is ’n guns­te­ling om mô­re die S­paan­se GP in Bar­ce­lo­na te wen.

Suk­ses vir e­ni­ge van die twee kan as ’n voor­bo­de be­skou word, want al­bei het ná vo­ri­ge se­ges in Bar­ce­lo­na voort­ge­gaan om as uit­ein­de­li­ke GP-kam­pi­oen ge­kroon te word.

Maar Bot­tas, wat in Ja­nu­a­rie van Wil­li­ams na Mer­ce­des ge­skuif het in die plek van Ni­co Ros­berg, 2016 se kam­pi­oen, is die vei­lig­ste op­sie vir wed­den­skap­pe on­der die­ge­ne wat glo die baan gaan van­jaar die 11de keer ag­ter­een­vol­gens ’n nu­we wen­ner op­le­wer.

“Daar­die eer­ste se­ge (in Rus­land) het baie vir my self­ver­troue be­te­ken, selfs al het ek nooit daar­aan ge­twy­fel dat ek dit een­dag sou ver­mag nie,” het hy ná sy se­ge in Sot­sji ge­sê.

“En nou­dat ek dit ge­doen het, wil ek weer en weer en weer wen,” het die Fin by­ge­voeg.

Die e­nig­ste ja­er van die voor­ste drie span­ne wat nog nie in Bar­ce­lo­na suk­ses kon smaak nie, is Da­niel Ric­ci­ar­do, Ver­stap­pen se span­maat. Red Bull was tot dus­ver veel sta­di­ger as Mer­ce­des en Fer­ra­ri.

Dié si­tu­a­sie kan eg­ter al die na­week ver­an­der met span­ne wat vin­ni­ger hul mo­tors met ver­be­te­rin­ge kan toe­rus aan­ge­sien hul­le vir die ko­men­de twee ren­ne na­by hul fa­brie­ke ge­se­tel sal wees. Red Bull be­plan glo ’n paar be­dui­den­de on­der­stel­ver­an­de­rin­ge en daar is ook ge­rug­te van en­jin­wy­si­gings.

“Ek hoop die op­gra­de­ring gaan ons die kans gee om be­ter met Mer­ce­des en Fer­ra­ri mee te ding, of ten min­ste om na­der aan hul­le te kom,” sê Ric­ci­ar­do.

Uit die hui­di­ge groep ja­ers is dit net Fer­ra­ri se Ki­mi R­äik­k­ö­nen en M­cLa­ren se Fer­nan­do Alon­so wat al twee keer in Bar­ce­lo­na ge­wen het. Die twee se de­buut­se­ges was on­der­skei­de­lik in 2005 en 2006.

Alon­so sal dit as ’n bo­nus be­skou om voor sy tuis­ska­re op die weg­spring­roos­ter aan te tree aan­ge­sien sy mo­tor nie eens tot dáár ge­vor­der het in Sot­sji voor dit die gees ge­gee het nie. Dit is ook die S­pan­jaard se laas­te F1-ren voor­dat hy op 28 Mei, die dag waar­op die GP in Mo­na­co se stra­te be­slis word, aan die In­di­a­na­po­lis 500-ren in die VSA gaan deel­neem.

“Ek is nie se­ker wat om die na­week te ver­wag nie. Ons wag op ver­skeie nu­we on­der­de­le – ons kan nie te veel op ver­to­nings fo­kus voor­dat die mo­tor nie be­trou­baar­der is nie,” sê Alon­so.

Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.