Vlie­ën­de Way­de gaan S­wit­ser­se hor­lo­sies toets

Beeld - - SPORT - Wim Pretorius

Nou­dat die eer­ste ron­de van die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging van At­le­tiek­fe­de­ra­sies (IAAF) se Di­a­mant­li­ga-reeks ver­le­de week in Doha af­ge­skop het, be­gin al hoe meer groot na­me hul te­rug­keer tot die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog be­plan.

Van­dag sal die oë op SuidA­fri­ka se eie Lu­vo Ma­nyon­ga wees wan­neer hy aan die ver­spring ty­dens die twee­de skof van die reeks in S­hanghai deel­neem, met A­ka­ni Sim­bi­ne wat ver­le­de week reeds stof in die oë van As­a­fa Po­well en Jus­tin Gat­lin ge­skop het in die 100 m.

Op 6 Ju­lie sal die reeks na Lau­san­ne in S­wit­ser­land ver­skuif, waar at­le­tiek­lief­heb­bers vir die eer­ste keer van­jaar vir Way­de van Nie­kerk in ak­sie sal sien op die in­ter­na­si­o­na­le ver­hoog. Way­de van Nie­kerk se eer­ste 400 m­wed­loop oor­see van­jaar sal op 6 Ju­lie op die Di­a­mant­li­ga­by­een­koms in Lau­san­ne, S­wit­ser­land, wees.

Van Nie­kerk, wat ver­le­de jaar op die O­lim­pie­se S­pe­le die 400 m-re­kord van Mi­cha­el John­son, wat 17 jaar ge­staan het, aan flar­de ge­hard­loop het, het reeds die ton­ge aan die klap.

Hy het be­sluit dat hy in Lau­san­ne sy eer­ste in­ter­na­si­o­na­le wed­loop in die i­tem waar­in hy die O­lim­pie­se ti­tel en wê­reld­re­kord hou, sal hard­loop.

Vol­gens voor­lo­pi­ge plan­ne sal Van Nie­kerk net een an­der 400 hard­loop voor­dat die Wê­reld­by­een­koms in Au­gus­tus in Lon­den aan­breek.

Ver­der sal Re­naud La­vil­le­nie, wat die wê­reld­re­kord in paal­spring hou en ook goud op die Lon­den-S­pe­le in 2012 ver­o­wer het, ook in S­wit­ser­land te sien wees.

La­vil­le­nie is die e­nig­ste at­leet wat al se­we jaar ag­ter­een­vol­gens (2010-2016) ’n i­tem op ’n Di­a­mant­li­ga-by­een­koms kon wen. Vier hier­van was in Lau­san­ne, op ’n baan waar hy meer as tuis voel.

Dié 30-ja­ri­ge het ver­le­de jaar die sil­wer­me­dal­je in Rio in­ge­palm.

Daf­ne S­chip­pers sal ook in die weg­spring­blok­ke sak in die 200. Sy is tans die ver­de­di­gen­de wê­reld- en Eu­ro­pe­se kam­pi­oen in dié i­tem. Dié Ne­der­lan­der was wel nog nooit in S­wit­ser­land eer­ste oor die wen­streep nie.

Sy sal teen Mu­jin­ga Kam­bundji, wat al ver­skeie ke­re as die S­wit­ser­se na­si­o­na­le kam­pi­oen ge­kroon is, mee­ding.

Van Nie­kerk sal straks net een an­der 400 hard­loop voor die Wê­reld­by­een­koms.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.