Kan Af­fies KES se dop­pie k­link?

Beeld - - SPORT - Wim Pretorius

Hein­rich Bisschoff duik oor vir die wen­drie ty­dens Af­fies se se­ge van 28­24 oor die Ho­ër­skool Flo­ri­da vroe­ër van­jaar by die St. John’s Col­le­ge­Paas­toer­nooi.

Twee gro­tes in sko­le­rug­by pak me­kaar van­dag, wan­neer die A­fri­kaan­se Ho­ër Seun­skool (Af­fies) sal poog om net oor­kant Lof­tus Vers­feld vir King Ed­ward VII S­chool (KES) hul eer­ste loe­sing van die jaar te gee.

On­der KES se a­lum­ni tel die S­pring­bok-le­gen­de Bry­an Ha­ba­na, as­ook an­der sport­hel­de soos Gra­e­me S­mith, Ray Jen­nings, Joe van Nie­kerk, Ga­ry Play­er en Quin­ton de Kock.

Die span is on­oor­won­ne in ne­ge wed­stry­de wat se­ges oor P­re­to­ria Boys’ High (31-0), Ron­de­bosch Boys’ High (25-17), die Hoer­skool Wa­ter­kloof (28-25) en Ma­ritz­burg Col­le­ge (39-20) in­sluit.

In teen­stel­ling het Af­fies van­jaar ’n wip­plank­sei­soen waar­in hul­le reeds vier keer die knie ge­buig het. Die span was teen Paarl Gim­na­si­um (33-35), die Ho­ër Jon­gen­skool Paarl (10-14), Paul Roos Gim­na­si­um (14-21) en G­rey-kol­le­ge (32-35) aan die ver­loor­kant op die tel­bord.

Die Wit Bul­le het wel oor­tui­gen­de se­ges oor die Ho­ër­skool Di­a­mant­veld (45-10), Help­me­kaar Kol­le­ge (31-19) en die Ho­ër­skool Ou­te­ni­qua (34-0) be­haal met die span wat teen Hil­ton Col­le­ge (17-6) en die Ho­ër­skool Flo­ri­da (28-24) deur­ge­skraap het.

Die ge­skie­de­nis­boe­ke tel sui­wer in die P­re­to­ri­a­ners se guns. Af­fies se Wit Bul­le het nog nooit teen KES die loef af­ge­steek nie.

Die twee span­ne het al agt keer me­kaar die stryd aan­ge­sê, met Af­fies wat in 1997 in hul eer­ste krag­me­ting met 20-13 ge­se­ë­vier het. In daar­die jaar het die los­ska­kel Ti­aan Sny­man en Jo­hann van Graan, wat tans die S­pring­bok­ke se voor­spe­le­raf­rig­ter is, die span ver­teen­woor­dig.

Die span­ne het in 1998 en 2002 ook krag­te ge­meet voor­dat die der­by ge­stop en eers in 2012 her­vat is.

Pier­re S­choe­man, I­van van Zyl, RG Sny­man en Ni­co­laas Jan­se van Rens­burg, wat al­mal nou hul rug­by­loop­baan op Su­per­rug­by-vlak by Lof­tus uit­leef, was deel van daar­die span wat met en­ke­le mi­nu­te oor daar­in kon slaag om ’n drie te druk en met 15-13 te wen.

Se­dert­dien het Af­fies ge­reeld groot tel­lings op die tel­bord op­ge­jaag om die Jo­han­nes­bur­gers se dop­pie te k­link. Dit sluit weg­hol­se­ges in 2013 (46-6), 2015 (92-0) en 2016 (61-7) in.

Wan­neer die twee span­ne van­dag hul plek­ke op die veld in­neem be­loof dit om nog ’n ril­ler te wees.

Kan KES na 20 jaar uit­ein­de­lik die bord­jies ver­hang?

Die af­skop is 13:30 op Af­fies se A-veld.

Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.