Be­sluit oor Re­bels en For­ce eers la­ter ge­neem

Beeld - - SPORT -

Die Mel­bour­ne Re­bels is in­ge­lig dat hul­le nog ses tot agt we­ke sal moet wag voor­dat hul lot in die Su­per­rug­by-reeks be­kend is, het To­ny M­cGa­han, hul af­rig­ter, gis­ter ge­sê.

Die Aus­tra­lie­se Rug­by­u­nie (ARU) het in A­pril aan­ge­kon­dig dat die Re­bels of We­stern For­ce, wat in Perth ge­se­tel is, hul plek in Su­per­rug­by kwyt kan wees.

’n Swaard hang ook oor SuidA­fri­kaan­se span­ne met die aan­kon­di­ging dat twee span­ne plaas­lik ge­snoei moet word. Die ver­wag­ting is dat die C­hee­tahs en Kings in die stof kan byt.

Die ARU het aan­vank­lik ge­sê dit sal ’n kwes­sie van dae wees voor­dat hul­le aan­kon­dig wat­ter span ge­snoei is, maar drei­ge­men­te van reg­stap­pe het die aan­kon­di­ging ver­traag.

Spe­lers van die For­ce en Re­bels het tot dus­ver on­der ’n wolk van on­se­ker­heid ge­speel en vol­gens M­cGa­han is die ein­de nog nie in sig nie. “Daar is aan ons ge­sê dit kan nog ses tot agt we­ke wees voor­dat ’n be­sluit ge­neem word. So, soos jy kan dink sit dit baie on­no­di­ge druk op al­mal,” sê die Re­bels se brei­er.

“Ons het dit in die laas­te paar we­ke eers be­gin voel soos wat dit men­se se be­staans­mid­de­le en be­slui­te be­gin be­ïn­vloed, met se­ke­re kon­trak­tu­e­le deu­re wat hier en oor­see be­gin toe­gaan.”

M­cGa­han het ’n be­roep ge­doen op on­der­steu­ners om van­dag se wed­stryd teen die Reds by te woon, maar gee toe die span het tot dus­ver nie daar­in ge­slaag om hul on­der­steu­ners te be­loon nie. Hul­le kon nog net een wed­stryd uit ne­ge wen en is laas­te op die Aus­tra­lie­se pun­te­lys.

“Ons moet ons deel doen as ons men­se vra om ons te on­der­steun.”

Die For­ce suk­kel ook hier­die sei­soen en kon nog net twee wed­stry­de wen. A­dam Co­le­man, slot van die For­ce, sê hy hoop dat sy span met oor­win­nings hul voort­be­staan kan ver­se­ker.

“Daar is baie wat aan­gaan met die toe­koms van die For­ce. My doel­wit is om goeie rug­by te speel en só die For­ce se voort­be­staan te ver­se­ker.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.