Spe­lers gaan oor­see vir ’n ‘be­ter le­we’, sê Ha­ba­na

Beeld - - SPORT -

Bry­an Ha­ba­na hou vol die S­pring­bok­ke se uit­tog van ta­lent na Eu­ro­pa is nie weens ’n ge­jaag na geld nie, maar eer­der om­dat spe­lers ’n be­ter le­we soek.

Ha­ba­na, wat in 2007 die Wê­reld­be­ker saam met die S­pring­bok­ke ge­wen het, ver­wag nie dat Wê­reld­rug­by se nu­we vyf­jaar-ver­blyf­re­ël die ek­so­dus van Suid-A­fri­ka se rug­byster­re gaan keer nie.

Die ver­blyf­tyd­perk was drie jaar, maar is ver­leng om te pro­beer keer dat spe­lers an­der lan­de op die rug­by­veld ver­teen­woor­dig.

Ha­ba­na (33) sê eg­ter mis­daad in Suid-A­fri­ka, as­ook die ver­po­li­ti­se­ring van rug­by, sal aan­hou om top­spe­lers an­der wei­vel­de te laat soek.

“Ek dink men­se bui­te SuidA­fri­ka ver­staan nie dat daar baie u­nie­ke din­ge in die land aan­gaan nie,” sê Ha­ba­na.

“Nie net van­uit ’n rug­by­oog­punt nie, maar ook ’n po­li­tie­se, e­ko­no­mie­se en vei­lig­heids­oog­punt.

“Baie men­se dink rug­by­spe­lers gaan oor­see vir geld of om ver­blyf­reg in ’n an­der land te kry, maar daar is so­veel an­der fak­to­re wat ’n mens in ag moet neem.”

Suid-A­fri­ka moet in­ge­vol­ge ’n trans­for­ma­sie­be­leid teen 2019 span­ne kies wat 50% uit Bry­an Ha­ba­na

swart spe­lers be­staan. Ha­ba­na on­der­steun die be­leid vir SuidA­fri­ka se po­li­tie­ke toe­koms, maar er­ken ook dat die be­leid spe­lers oor­see kan dwing.

“Baie jong spe­lers kan skuif oor die trans­for­ma­sie­hand­ves wat in­ge­stel is. Daar is so­veel fak­to­re wat geen an­der rug­by­land hoef te han­teer nie. Geen an­der land het ’n ge­skie­de­nis van a­part­heid nie en geen an­der land het die be­grip dat 70% van die be­vol­king ’n ge­leent­heid no­dig het wat hul 20 of 25 jaar van­te­vo­re nie sou ge­had het nie.

“Dis so ’n in­ge­wik­kel­de ding dat as jy nie van Suid-A­fri­ka kom nie, jy dit nooit sal ver­staan nie. Wan­neer die jong man­ne oor­see gaan, gaan dit nie net daar­oor om die land te ver­laat nie, maar ook om hul toe­koms in ag te neem.” – Sky

Sport

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.