Só gaan jy nie saam met gro­tes speel!

Beeld - - SPORT - – Reu­ters

’n Gholf­spe­ler met die am­bi­sie om vir van­jaar se A­me­ri­kaan­se Ope te kwa­li­fi­seer, het ’n ron­de by Sil­ver La­kes in Ala­ba­ma ge­speel wat selfs ’n a­ma­teur sal laat bloos: 127 – ’n 55 oor baan­sy­fer.

C­lif­ton M­cDo­nald van Me­ri­di­an, Mis­sis­sip­pi, het 68 houe vir die eer­ste ne­ge put­jies ge­neem voor ’n ver­be­te­ring van 59 oor die twee­de ne­ge.

Hy kon eers ná 14 houe die 16de put­jie vol­tooi en vir die 18de het hy 11 houe be­no­dig.

“Hy het se­ker ge­jok oor sy voor­gee­in­deks,” het die A­me­ri­kaan­se spe­ler Bil­ly Horschel grap­pen­der­wys ge­twiet.

In A­me­ri­ka is daar kwa­li­fi­se­ren­de toer­nooie wat oop is vir so­wel be­roep­ as a­ma­teur­spe­lers, mits hul voor­gee­sy­fer goed ge­noeg is.

Van­jaar se A­me­ri­kaan­se Ope sal van 15 Ju­nie by E­rin Hills in Wis­con­sin ge­speel word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.