Bul­le moet leer uit don­ker dae van 2008

Beeld - - SPORT - Wim Pretorius @Wim­ster101

Ne­ge jaar k­link dalk vir som­mi­ge men­se na ’n leef­tyd, maar in 2008 was die Bul­le in ’n soort­ge­ly­ke boot­jie as die een waar­in hul­le hul­self nou be­vind.

Die Bul­le het die sei­soen af­ge­skop met ’n se­ge oor die S­tor­mers op Nu­we­land voor­dat hul­le ’n week la­ter op Lof­tus Vers­feld met 19-54 teen die uit­ein­de­li­ke kam­pi­oen, die Cru­sa­ders, af­ge­slag is.

Die span se sei­soen het van daar af in­een­ge­stort, met sy re­kord wat na af­loop van die ne­gen­de ron­de ge­lees het: Ne­ge ge­speel, twee ge­wen, se­we ver­loor.

Die laas­te hier­van was ’n ne­der­laag van 22-50 teen die Hur­ri­ca­nes op Lof­tus.

Die pak slae wat die Bul­le teen die Hur­ri­ca­nes op die lyf ge­loop het, sou eg­ter ’n groot rol in die span se suk­ses van 2009 en 2010 speel.

Na af­loop van dié loe­sing het die be­stuur ’n kri­sis­ver­ga­de­ring be­lê waar­in ver­al die se­ni­or spe­lers aan­ge­vat is. Met Frans Lu­de­ke aan die stuur van sa­ke in sy eer­ste Su­per­rug­by-sei­soen (ná hy Heyneke Mey­er op­ge­volg het), het die groot­ba­se be­sluit die leë sit­plek­ke en pa­te­tie­se uit­slae is niks om op trots te wees nie.

’n Week la­ter is die High­lan­ders met 47-17 af­ge­slag. Die Wa­ra­tahs (16-13), Brum­bies (28-17) en C­hee­tahs (60-20) moes daar­na voor die Bul­le buig en die span het ein­de­lik ge­ëin­dig met ’n re­kord van ses uit 13.

Hoe­wel dit nie vrees­lik in­druk­wek­kend k­link nie, het dit die wiel aan die rol ge­sit vir wat in 2009 en 2010 ge­volg het.

In 2009 is die span van die Ja­ka­ran­da­stad as kam­pi­oen ge­kroon na­dat hy 12 uit sy 15 wed­stry­de ge­wen het, met Mor­né S­teyn (189 pun­te) die toer­nooi se voor­ste pun­te­ma­ker.

Die Bul­le se suk­ses­ver­haal het in 2009 agt ag­ter­een­vol­gen­de tuis­se­ges in­ge­sluit, en is in 2010 ge­volg deur ne­ge ver­de­re tuis­se­ges (twee hier­van in die Or­lan­do-sta­di­on in So­we­to).

Met 19 ag­ter­een­vol­gen­de span­ne wat tus­sen 2008 en 2010 in Su­per-wed­stry­de op Lof­tus twee­de ge­kom het, was die Bul­kraal s­kie­lik weer ’n plek wat be­soe­ken­de span­ne ge­vrees het.

Dis be­slis nie van­dag meer die ge­val nie.

Ver­le­de na­week het die Bul­le hul groot­ste ne­der­laag ooit op Lof­tus ge­ly, toe hul­le meer as 60 pun­te teen die Cru­sa­ders af­ge­staan het. Die af­rig­ter, Nol­lis Ma­rais, het er­ken hy het Mey­er om raad ge­na­der. Of die Held van 2007 kon help, sal die uit­slae la­ter wys.

’n Om­me­keer is nou ewe no­dig as in 2008 – maar nou met heel an­der per­so­neel as toe.

Ne­ge jaar te­rug was daar on­der die spe­lers koel­kop­pe soos S­teyn, Bak­kies Bo­tha, Fou­rie du P­reez, De­rick Hou­gaard, A­ko­na N­dun­ga­ne, Bry­an Ha­ba­na, Pe­drie Wan­nen­burg, Wi­kus van Heer­den en Wyn­and O­li­vier om sa­ke te be­red­der. Nou be­skik die span groot­liks oor ’n spul melk­baar­de.

Hoe­wel dit nie te ver­smaai is as jy spe­lers soos RG Sny­man, Jes­se K­riel, T­re­vor Ny­a­ka­ne, Lood de Ja­ger en Jan Ser­fon­tein in jou kleed­ka­mer het nie, moet jy won­der of hul­le die ver­moë het om P­re­to­ria se grap weer in die hoof­stad (en Suid-A­fri­ka) se trots te om­skep?

En nóg ’n ter­gen­de vraag: Is daar nou, soos in 2008, ge­noeg eer­lik­heid om te keer dat die skip ver­der sink?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.