‘Cru­sa­ders, stuit Bar­rett of daar’s per­de’

Beeld - - SPORT -

Die Cru­sa­ders het Beau­den Bar­rett ge­ï­den­ti­fi­seer as die ge­vaar­man in hul Su­per­rug­by-krag­me­ting met die Hur­ri­ca­nes van­dag in Chris­t­church.

Die plan is om te ver­hoed dat dié glib­be­ri­ge los­ska­kel vin­nig in be­sit ge­stel word, want dan is daar per­de, glo die al­ge­he­le voor­lo­per op die Su­per­rug­by­pun­te­lys.

Die Cru­sa­ders is ook die voor­lo­per in die Nieu-See­land­se kon­fe­ren­sie op 46 pun­te, ge­volg deur die C­hiefs op 42 en die Hur­ri­ca­nes, wat 38 pun­te het en een wed­stryd min­der ge­speel het.

Al het die Cru­sa­ders tot dus­ver al tien hul wed­stry­de ge­wen, is krag­me­tings met die Hur­ri­ca­nes en die C­hiefs (op 19 Mei in Su­va) die e­nig­ste wa­re toet­se van hul ver­mo­ëns van­jaar.

“Ek glo in die vol­gen­de twee we­ke, in plaas­li­ke der­bies teen die Hur­ri­ca­nes en C­hiefs, sal die seuns van die man­ne ge­skei word,” het die ’Sa­ders se hulp­af­rig­ter, Le­on Ma­cDo­nald, van­dees­week ge­sê. “As ons die vol­gen­de twee we­ke met ’n on­ge­skon­de

re­kord kan weg­stap, sal ons weet waar ons staan en sal ons ’n be­ter prent­jie hê van die pad vo­ren­toe.”

Die voor­ma­li­ge All Black-heel­ag­ter se iet­wat be­skeie op­som­ming is waar­skyn­lik ge­grond op die feit dat die span in die pyl­vak van van­jaar se reeks in heel­wat plaas­li­ke der­bies be­trok­ke gaan wees.

Die Cru­sa­ders en Hur­ri­ca­nes

speel twee keer teen me­kaar in die laas­te ses we­ke, ter­wyl die C­hiefs met die Cru­sa­ders en Hur­ri­ca­nes te doe­ne kry.

Tot dan be­paal die Cru­sa­ders hul­le by die as­pek­te waar­oor hul­le ’n ma­te van be­heer het. Soos die 25-ja­ri­ge Bar­rett, wat as die sleu­tel­spe­ler in die Hur­ri­ca­nes se aan­slag be­skou word.

Die span weet hy moet die vlug­voe­ti­ge los­ska­kel se skyn­baar moei­te­lo­se ont­gin­ning van ruim­te – het­sy met sy spoed of sy gif­ti­ge skop­voet – kort­wiek.

“Hy is ’n baie spe­si­a­le spe­ler en ons weet dit al­te goed,” sê Ma­cDo­nald. “Sy eint­li­ke sterk­punt is sy ver­moë om die spel te lees soos dit ont­vou. Hy sien ’n ga­ping in ’n oog­wink en hy val dit aan.”

Die Hur­ri­ca­nes se e­nig­ste loe­sing die sei­soen was teen die C­hiefs op ’n sop­nat veld in Ha­mil­ton, ter­wyl die Wa­ra­tahs en die S­tor­mers die span ge­frus­treer het deur vir lang fa­ses die bal te be­hou of met groot dis­si­pli­ne die vas­te fa­set­te op die aan­val in te span. Dis iets wat die Cru­sa­ders, ge­laai met All Blacks, ook sal wil doen. En om Bar­rett in die vi­sier te kry.

“Jy moet hom van tyd be­roof,” sê die Cru­sa­ders-kap­tein, Matt Todd, oor die los­ska­kel.

“Plaas hom on­der druk. En dit, glo ek, be­gin deur die voer van ge­hal­te­be­sit aan hom te be­perk. “As jy hom te veel tyd gee en te veel goeie be­sit, gaan hy jou b­reek.”

Fo­to: GETTY IMAGES

Beau­den Bar­rett is die Hur­ri­ca­nes se groot spel­skep­per. Die Cru­sa­ders sal hom Saterdag fyn moet dop­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.