Ge­noeg ‘yap­yap’, Haaie wil nou spéél

Beeld - - SPORT - Ti­nus van S­ta­den

Die Haaie sal van­dag die Sout­hern Kings hard te­rug aar­de toe wil bring. Die Kings is vol self­ver­troue ná twee puik oor­win­nings oor die Wa­ra­tahs in Syd­ney en Mel­bour­ne Re­bels in Port E­li­za­beth.

Dít en die feit dat die Kings vroe­ër van­jaar die ge­leent­heid ge­had het om die Haaie te troef, het by­ge­dra tot baie op­win­ding in die V­rien­de­li­ke S­tad vir die her­ont­moe­ting met die Dur­ba­nie­te.

Die Haaie se brei­er, Ro­bert du P­reez, was in die aan­loop tot dié Su­per­rug­by-stryd baie di­plo­ma­ties oor die op­hef wat oor die stryd ge­maak is.

“Dit is fan­tas­ties vir rug­by. Hul­le is ’n u­nie met ’n baie trot­se rug­by­ge­skie­de­nis en dit is won­der­lik om te hoor dat daar ’n groot ska­re gaan wees. Dit is al­tyd lek­ker om voor baie men­se te speel,” sê Du P­reez.

Die span se ve­te­raan­stut Be­ast M­ta­wa­ri­ra is eg­ter min ge­skeel oor al­les wat weg van die veld ge­beur.

“Dit gaan ’n groot wed­stryd wees. Hul­le het na­tuur­lik baie self­ver­troue, maar ons gaan nie daar­by in­ge­trek word nie. Ons gaan op ons eie spel fo­kus. Wan­neer die fluit­jie vir ’n rug­by­wed­stryd blaas, stop al die praat­jies, al die yap-yap. So ons fo­kus net op daar­die oom­blik,” sê M­ta­wa­ri­ra.

Die Kings sien dié stryd straks as ’n ge­leent­heid om hul eer­ste Su­per­rug­by-se­ge nog oor ’n an­der Suid-A­fri­kaan­se span te be­haal. Ver­al voor ’n stamp­vol tuis­ska­re, be­hoort die e­mo­sies Saterdag so nou en dan op te vlam.

Die Haaie se kap­tein, Pa­trick Lam­bie, meen hy sal liefs nie by e­ni­ge on­der­on­sies be­trok­ke raak nie.

“Ons los daar­die ti­pe goed maar lie­wer vir die voor­spe­lers,” skerts die los­ska­kel.

“Maar dit is be­lang­rik dat ons al­mal kop­hou en nie by stoei­e­rye van die bal af be­trok­ke raak nie. Ons het ’n paar kalm spe­lers en ook ’n paar ou­ens wat rof kan raak as dit no­dig is.

“Dit gaan al­les oor daar­die ba­lans,” sê hy.

Ná die Haaie se se­ge van 19-17 oor die Kings in Dur­ban, het die span er­ken hy het die Baai­e­naars so iet­wat on­der­skat.

Der­hal­we is dit straks ’n be­dek­te se­ën dat daar so groot op­hef oor dié stryd in Port E­li­za­beth ge­maak word. Want die Haaie het deur die week ge­wei­er om by bek­ge­veg­te be­trok­ke te raak.

Hul­le het be­lo­we om al hul praat­werk op die veld te doen.

Be­ast M­ta­wa­ri­ra sê die tyd vir klets oor wat teen die Kings wag is nou ver­by. Fo­to: GALLO IMAGES

Je­an­Luc du P­reez, die Haaie se steel­kant­flank, oe­fen die week saam met sy span­maats in Dur­ban. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.