Ver­de­di­ging weer C­hee­tahs se dood­steek

Beeld - - SPORT - O­wen Kock

Fran­co S­mith, die C­hee­tahs se af­rig­ter, sê ’n rits ver­brou­de duik­slae was gis­ter wéér hul on­der­gang in hul Su­per­rug­by­wed­stryd teen die Blu­es in Auck­land.

Met die ver­de­di­ging wat ’n so­veel­ste keer ge­lol het, het die ag­ter­os in die Nieu-See­land­se kon­fe­ren­sie agt drieë in sy se­ge van 50-32 op E­den Park in­ge­ryg.

“Ek is baie te­leur­ge­steld in ons ver­de­di­ging – nie oor die stel­sels wat ons in plek het nie, maar oor die ver­brou­de duik­slae. Ons was fi­siek nie sterk ge­noeg in die duik­slae nie.

“Ons het (ver­le­de week) teen die High­lan­ders tien keer be­ter ver­de­dig as die week voor dit teen die Cru­sa­ders,” sê S­mith.

Die C­hee­tahs was Vry­dag met rus­tyd op 18-24 nog bin­ne tref­af­stand, maar ’n blit­zkrieg van drie drieë in die eer­ste 12 mi­nu­te van die twee­de helf­te het hul dop­pie ge­klink.

Dit is be­slis nie hoe hul­le hul toer wou be­gin nie.

Die C­hee­tahs het ou­der­ge­woon­te

ge­vaar­lik op die aan­val ge­kyk en ’n vroeë voor­sprong ge­had toe Fran­cois Ven­ter, sen­ter en kap­tein, gaan druk het.

“Ons het met die nat bal goed aan­ge­val om 32 pun­te aan te­ken. Ver­der het ons die bal deur baie fa­ses ge­neem en ge­wys ons het in dié af­de­ling van ons spel ge­groei,” sê S­mith.

Hy sê al het hul­le goed by die

nat toe­stan­de aan­ge­pas het, was daar steeds te veel han­teer­fou­te.

S­mith het lof ge­had vir die C­hee­tahs se vas­te fa­set­te en dryf­werk.

Drie van hul vier drieë is van dryf­ma­le aan­ge­te­ken.

Die plaas­ver­van­ger­ha­ker E­land­ré Hug­gett het twee daar­van af­ge­rond.

Hug­gett se werk­ver­rig­ting was goed en hy was ’n der­dui­wel by die af­breek­pun­te.

S­mith sê hul­le sal moet her­groe­peer en nu­we plan­ne be­raam voor vol­gen­de Saterdag se wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes.

“Dit is ’n in­ti­mi­de­ren­de plek om te speel en die Hur­ri­ca­nes is op­sig­self ’n in­ti­mi­de­ren­de span. As jy nie op jou stuk­ke is nie, kry jy 80 pun­te teen jou,” waar­sku hy.

Die C­hee­tahs sal a­sem op­hou oor die be­skik­baar­heid van die vleu­el Ray­mond R­hu­le, wat nie sy har­sing­skud­ding-toets ge­slaag het nie.

“Hy sal van­dees­week die pro­to­kol volg, maar hy lyk goed.”

Ven­ter het sy en­kel be­seer, maar dit blyk nie te erns­tig te wees nie. Sy sen­ter­maat Wil­li­am S­mall-S­mith sal ook ge­mo­ni­tor word na­dat hy ’n lig­te skou­er­be­se­ring op­ge­doen het.

■ Pun­te­ma­kers: Blu­es 50 (24): Drieë: Rie­ko Io­a­ne (2), S­cott S­craf­ton, A­ki­ra Io­a­ne, Pa­trick Tui­pu­lo­tu, S­te­ven Lu­a­tua, Au­gus­ti­ne Pu­lu, Me­la­ni Na­nai. Doel­skop­pe: Piers Fran­cis (2), I­haia West (3). C­hee­tahs 32 (18): Drieë:

Fran­cois Ven­ter, Tor­sten van Jaars­veld, E­land­ré Hug­gett (2). Doel­skop­pe: F­red Zei­lin­ga (3).

Straf­doe­le: Zei­lin­ga (2).

Fo­to: GETTY IMAGES

Die C­hee­tahs se vleu­el Ray­mond R­hu­le sal vol­gen­de week ’n har­sing­skud­ding­pro­to­kol voor die wed­stryd teen die Hur­ri­ca­nes moet on­der­gaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.