Bok­ke son­der Flo teen Fran­se

Beeld - - SPORT - S­te­phen Nell

Die S­pring­bok­ke gaan Frank­ryk aan­staan­de maand son­der ’n be­we­se bal­jag­ter-flank aan­durf na­dat Fran­cois Louw ’n on­ty­di­ge be­se­ring op­ge­doen het.

Louw (31), wat sy rug­by vir Bath in En­ge­land speel, het Vry­dag be­ves­tig hy sal ge­rui­me tyd bui­te ak­sie wees.

“Ek het gis­ter­aand (Don­der­dag) ’n skou­er­o­pe­ra­sie on­der­gaan en die her­stel­tyd­perk sal na ver­wag­ting min of meer 12 we­ke wees,” sê Louw.

Louw, ’n ve­te­raan van 52 toet­se, was die guns­te­ling om die Bok­ke se nr. 6-trui te dra in ’n los­trio saam met Du­a­ne Ver­meu­len en War­ren W­hi­te­ley.

Daar wag nou kop­krap op die Bok-brei­er, Al­lis­ter Coet­zee.

Die Leeus se Ja­co K­riel en die S­tor­mers se Siya Ko­li­si is al­bei sterk kan­di­da­te vir die nr. 6-trui.

In­dien Coet­zee ’n spe­si­a­lis-bal­jag­ter wil hê, is dit nie bui­te die kwes­sie nie dat Chris Cloe­te vir sy spel­peil vir die Sout­hern Kings in die Su­per­rug­by-reeks be­loon kan word.

Om Louw te ver­loor is ’n ge­voe­li­ge slag ge­ge­we wat al­les op die spel is.

Coet­zee is on­der skoot na­dat die Bok­ke ver­le­de jaar on­der hom agt van hul 12 toet­se ver­loor het. Selfs al is sy kop nie in die reeks teen Frank­ryk as sulks op die blok nie, is dit vir Coet­zee se ge­loof­waar­dig­heid ui­ters be­lang­rik dat die Bok­ke op die wen­pad kom.

Die ver­wag­ting is dat hy hom na ’n er­va­re span sal wend eer­der as om die klem op ver­nu­wing te plaas. Louw, ’n flank van wê­reld­ge­hal­te op sy bes­te, sou ’n sleu­tel­spe­ler wees.

Fran­cois Louw in ak­sie vir Bath. Fo­to: GETTY IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.