E­le­gan­te styl weer­spie­ël weel­de­rig­heid

Beeld - - HUISGIDS - Li­net­te Re­tief

Hier­die e­le­gan­te wo­ning is hoog teen Bron­berg­rif in die ge­wil­de ge­sins­woon­buurt Fa­e­rie G­len ge­leë en bied ’n prag­ti­ge uit­sig oor die oos­te van P­re­to­ria.

En dit is nie net spro­kies­mooi nie – dit is i­de­aal vir die ge­sin wat graag hul toe­koms­dro­me hier wil bou. Die bou­styl is klas­siek, dog mo­dern en die keu­se van bou­ma­te­ri­aal is ’n toon­beeld van e­le­gan­te ar­gi­tek­tuur wat sorg vir weel­de­ri­ge, ge­mak­li­ke leef­styl.

Die son­der­lin­ge hoof­slaap­ka­mer-sui­te met aan­gren­sen­de sit­ka­mer, bal­kon en ruim aan­gren­sen­de bad­ka­mer sluit ook ’n p­ri­va­te aan­trek­ka­mer in ter­wyl die an­der drie slaap­ka­mers elk­een ’n eie en sui­te-bad­ka­mer en bal­kon het. Een van die slaap­ka­mers is op die grond­ver­die­ping ge­leë, wat i­de­aal is wan­neer ou­er gas­te kom kui­er.

Bui­te wag ’n a­sem­ro­wen­de tuin met eie be­sproei­ing, ter­wyl die ont­vangs­ge­deel­te na ’n groot stoep lei wat uit­loop na die braai, swem­bad en kroeg. Nog ’n lus vir die oog is die prag­ti­ge leef­ver­trek­ke wat uit die ruim eet­ka­mer vloei.

En om die prent­jie af te rond, is daar ’n mo­der­ne kom­buis met ’n af­son­der­li­ke op­was­ge­deel­te, net­jie­se huis­hulp­kwar­tie­re en drie mo­tor­hui­se.

Be­soek ge­rus die web­wer­we vir meer in­lig­ting – en ont­hou, die prys is on­der­han­del­baar. ’n Spro­kies­mooi huis in ’n ge­sog­te buurt. ’n Mens sou jou kon ver­beel jy’s in ’n spro­kies­pa­leis . . . .

Die prag­ti­ge eet­ka­mer word deur lief­li­ke leef­ge­deel­tes om­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.