Tyd vir ska­de­be­heer op Lof­tus

Beeld - - SPORT - Co­bus Claas­sen

Dit is nie ’n saak van wen of ver­loor nie, dit gaan oor pas­sie en trots.

Dit is wat Nol­lis Ma­rais, die Bul­le-brei­er, van sy span ver­eis wan­neer hul­le van­mid­dag op Lof­tus Vers­feld die High­lan­ders in die Su­per­rug­by­reeks trot­seer.

Ná ver­le­de na­week se slag­ting teen die Cru­sa­ders kom die High­lan­ders al­te gre­tig Lof­tus toe.

Jy kan jou sa­la­ris daar­op wed die man­ne van Du­ne­din sal nie veel af­wyk van die Cru­sa­ders-re­sep waar­mee die tuis­span ver­ne­der is nie.

Die ge­bre­ke in die Bul­le se mon­de­ring is ver­le­de Saterdag skou­spel­ag­tig bloot­ge­lê. Dit is ’n span wat in by­na al die af­de­lings kwes­baar is.

Daar was ver­staan­baar die af­ge­lo­pe week op Lof­tus nie praat­jies van ’n se­ge wat in die vi­sier is nie.

Die span moet “aan­sien­lik ver­be­ter”, was rof­weg die mees­te wat daar in die op­bou ge­waag is.

Met an­der woor­de: Be­perk die ska­de so­ver moont­lik.

Vir die tuis­span om dít te ver­mag, gaan die Bul­le-pak die High­lan­ders se gal moet werk.

Niks is on­moont­lik nie. Al is die Ki­wi’s son­der die be­seer­de All Blacks Ben S­mith en Li­ma So­po­a­ga, bly die High­lan­ders se ag­ter­lyn hul groot troef­kaart.

As die Bul­le groot druk in die vas­te fa­set­te kan uit­oe­fen, sal ge­vaar­man­ne soos Wai­sa­ke Na­ho­lo, Ma­la­kai Fe­ki­toa en Pa­trick Os­bor­ne van mo­men­tum ont­neem word.

Dit is die te­o­rie, maar dit is juis in die prak­tyk wat die Bul­le van­jaar klei­trap.

Dit is trou­ens die Bul­le se e­nig­ste kans om oor­le­wing teen Ki­wi se kind.

En dít gaan met ’n jong voor­hoe­de ver­mag moet word.

Met se­ni­or man­ne soos A­dri­aan S­trauss, Lood de Ja­ger en Ja­c­ques Pot­gie­ter nie in die be­gin­span nie, is die o­nus op die nu­we ge­ne­ra­sie in die en­jin­ka­mer.

Han­ro Lie­ben­berg, die Bul­le se nu­we kap­tein, is skaars mon­dig, maar hy het dié week die me­dia te woord ge­staan as­of al­les klop­dis­sel­boom is by Lof­tus.

Die hoop in die Bul­le-kamp is dat die jong man­ne on­ver­skrok­ke sal wees.

Die vleu­el Ja­de S­tigh­ling, wat Tra­vis Is­mai­el in die op­draf­span ver­vang, kon k­wa­lik vir ’n gro­ter vuur­doop ge­vra het.

Hy maak sy bui­ging op dié vlak teen Os­bor­ne, een van die mees be­gaaf­de spel­bre­kers in Su­per­rug­by.

To­ny Bro­wn, die High­lan­ders se af­rig­ter, het Ga­reth E­vans op agt­ste­man in die be­seer­de Lu­ke W­hi­te­lock se plek ge­kies. Die span moet ook son­der Li­am S­qui­re in die los­trio klaar­kom.

Die 21­ja­ri­ge Han­ro Lie­ben­berg lei van­dag op Lof­tus Vers­feld die Bul­le. Fo­to: GALLO IMAGES

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.