Vrou kwaad vir SAL ná ver­ne­de­ring oor gor­del

Beeld - - Voorblad - Na­di­ne T­heron

Ka­juit­be­man­nings­le­de het ’n vrou so ver­ne­der om­dat haar sit­plek­gor­del nie oor haar “vol­ler fi­guur” ge­pas het nie dat sy nooit weer met die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) wil vlieg nie.

Die vlieg­tuig was ge­reed om van die Kaap­stad Lug­ha­we op te styg toe dit moes om­draai om vir haar ’n sit­plek­gor­del-ver­leng­stuk te kry, sê Ka­ra­bo Sei­tei, ’n on­der­wy­se­res van P­re­to­ria wat ook En­gels-vra­e­stel­le vir die Gau­teng­se de­par­te­ment van on­der­wys mo­de­reer.

Sy was in die Kaap vir werk. Sei­tei sê sy vra ge­woon­lik ’n ver­leng­stuk so­dra sy in ’n vlieg­tuig klim.

Daar­die dag het ’n lug­waar­din ge­sê hul­le het nie ’n ver­leng­stuk aan boord nie, maar sal vir haar een bring na­dat sy gaan sit het.

Toe aan­ge­kon­dig word dat pas­sa­siers hul sit­plek­gor­dels moet vas­maak so­dat die vlieg­tuig kan op­styg, het Sei­tei die lug­waar­din weer ge­vra vir die ver­leng­stuk. Toe moes sy hoor sy sal daar­son­der moet vlieg om­dat daar nie een aan boord is nie. Sy wou toe weet of dit vei­lig is. Die vlieg­tuig het daar­na op die aan­loop­baan om­ge­draai en weer gaan par­keer.

’n Half­uur la­ter is ’n hel­der o­ran­je ver­leng­stuk na Sei­tei ge­bring. Sy sê sy het nog meer ver­ne­der ge­voel toe die lug­waar­din haar soos ’n kind vas­gor­del.

“Die an­der pas­sa­siers het be­gin gig­gel,” sê Sei­tei.

As­of dit nie ge­noeg was nie, sê sy, is daar oor die in­ter­kom aan­ge­kon­dig: “Jam­mer vir die on­ge­rief. Ons het oor­ge­wig pas­sa­siers aan boord en moes om­draai om ver­leng­stuk­ke vir hul sit­plek­gor­dels te kry.”

“Ek het reg­tig sleg ge­voel dat al die men­se se vlug ver­traag is net oor my. Ek het ge­voel ek moes dit eer­der net ge­los het en son­der ’n sit­plek­gor­del ge­vlieg het,” sê Sei­tei.

Dit het al op 26 Au­gus­tus ver­le­de jaar ge­beur en sy het al die vol­gen­de dag e-pos aan die SAL se kli­ën­te­diens­af­de­ling ge­stuur, maar is eers Don­der­dag om ver­sko­ning ge­vra na­dat ’n joer­na­lis van Sun­day Ti­mes die lug­diens ge­kon­tak het.

Des­tyds het die kli­ën­te­diens­af­de­ling net vir haar ’n ver­wy­sings­nom­mer ge­stuur.

Die SAL het nou vir haar

3 000 gra­tis vlieg­my­le aan­ge­bied.

“As ’n vrou met ’n vol­ler fi­guur is ek een van ’n groep men­se teen wie ge­reeld ge­dis­kri­mi­neer word en daar word niks daar­aan ge­doen of ge­sê nie.

“’n Mens moet al­tyd net stil­bly en sê jy is jam­mer dat jou lig­gaams­bou vir an­der men­se on­ge­rief ver­oor­saak,” sê sy.

Sei­tei sê sy wil nie weer met SAL vlieg nie.

Tla­li Tla­li, SAL-woord­voer­der, sê twee sit­plek­gor­del­ver­leng­stuk­ke

is aan boord van Sei­tei se vlug ge­bring. Dit is aan an­der pas­sa­siers ge­gee.

“Die aan­na­me is dat ons be­man­ning ’n fout ge­maak het om haar ver­soek op te volg om­dat hul­le ge­dink het een van die ver­leng­stuk­ke was vir haar be­doel. Ons het die pas­sa­sier ge­kon­tak en haar om ver­sko­ning ge­vra vir dit wat sy be­leef het, as­ook vir die ge­sloer om op haar klag­te te antwoord.”

Ka­ra­bo Sei­tei Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.