Zu­ma sê o­pen­lik hy steun N­ko­sa­za­na as lei­er

Beeld - - Nuus - – News24

Pres. Ja­cob Zu­ma het dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma gis­ter o­pen­lik ge­steun om die vol­gen­de ANC-pre­si­dent te word.

Zu­ma het die St. Cat­her­i­ne’s Rooms-Ka­to­lie­ke Kerk bui­te Bul­wer in K­waZu­lu-Na­tal toe­ge­spreek.

Dla­mi­ni-Zu­ma is in Bul­wer ge­bo­re. Zu­ma het in Zoe­loe ’n kort op­som­ming van sy eks­vrou se lei­ers­rol­le ge­gee, waar­on­der haar lei­ding by die A­fri­ka-U­nie.

Hy het ook ver­tel hoe sy kor­rup­sie by die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke uit­ge­roei het toe sy vyf jaar ge­le­de die mi­nis­ter daar was, het eNCA be­rig.

Zu­ma het vroe­ër ook die A­bun­dant Li­fe­kerk­diens toe­ge­spreek.

Dit sou aan­vank­lik om 14:00 in die Dur­ban­se stad­saal be­gin het, maar dit is na die Pe­op­le’s Park-sta­di­on ver­skuif.

Zu­ma is by sy aan­koms om 16:30 luid deur kerk­gan­gers toe­ge­juig.

’n Spre­ker het aan die ska­re ge­sê: “Zu­ma gaan nê­rens heen nie” en “Weg met die ho­we wat in­meng”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.