Koeie trek la­er om wees­ol­lie

Sy klou aan le­we met leeus in om­trek

Beeld - - Nuus - Han­ti Ot­to

Sy het des­pe­raat pro­beer om selfs net ’n drup­pel­tjie melk uit haar ma se kar­kas te kry so­dat sy – ten spy­te van die trau­ma en vrees – nie leeu­kos word nie.

Die tin­ge­ri­ge din­ge­tjie, wat in daar­die sta­di­um meer slurp en ore as vleis en been was, het min­stens tien dae moe­dig aan die le­we bly klou.

Dit was No­vem­ber in die warm Um­ba­bat- pri­va­te na­tuur­re­ser­vaat wat aan die Lim­po­po-deel van die Kru­ger­wild­tuin grens.

’n Trop leeus het hul vi­sier op dié mak­li­ke prooi in­ge­stel, en teen die tem­po dat A­fri­ka haar o­li­fan­te weens s­tro­pers ver­loor, was daar geen an­der op­sie nie: Hier sou men­se moes in­gryp om die ba­ba-o­li­fant­jie ’n reg­ver­di­ge kans op oor­le­wing te gee.

Nou, ses maan­de la­ter, kan die be­wa­rings- en lief­da­dig­heids­or­ga­ni­sa­sie E­lep­hants A­li­ve trots sê: Die wees­kal­fie, wat Ti­mi­sa ge­doop is, re­geer ba­sies haar nu­we trop met haar ou­lik­heid en nu­we self­ver­troue.

“Ons het des­tyds ’n op­roep van die re­ser­vaat ge­kry oor ’n k­lein o­li­fant­kal­fie wat op haar eie rond­dwaal. Die re­ser­vaat was ook be­kom­merd om­dat leeus in die ge­bied in­be­weeg het,” sê Har­riet Nim­mo van E­lep­hants A­li­ve.

Daar was ook ’n o­li­fant­koei in die re­ser­vaat wat aan na­tuur­li­ke

oor­sa­ke dood is en daar is ge­sien hoe ’n kal­fie des­pe­raat aan die kar­kas pro­beer drink.

Die ver­moe­de is dat dié kal­fie Ti­mi­sa was.

Die E­lep­hants A­li­ve-op­spo­ring­span het die uit­ge­put­te en erg ont­wa­ter­de kal­fie op­ge­spoor.

“Sy was so k­lein en weer­loos. Die veld­span het hul wa­ter vir die dag in ’n koel­boks ge­gooi, en te moeg en te dors om bang te wees het die o­li­fant dit al­les op­ge­slurp,” sê Nim­mo.

Hul­le het be­sef die kal­fie sou nie lank son­der hulp oor­leef nie, ver­al nie met die leeus in die om­trek nie.

Sy is ver­doof en daar en dan in die E­lep­hants A­li­ve-voer­tuig ge­laai.

“Ons het baie hard ge­hoop

dat sy nie wak­ker word in ons oor­vol kar nie!”

Ti­mi­sa is soos goud ver­voer na Camp Ja­bu­la­ni, in ’n re­ser­vaat na­by Hoed­spruit, waar daar ’n trop half­mak o­li­fan­te was. Die trop is meer as 20 jaar ge­le­de van ’n uit­dun­nings­pro­gram in Zim­bab­we ge­red.

Om­dat hul­le nie meer in die na­tuur vry­ge­laat kan word nie, woon die groot­voe­te in die re­ser­vaat. Daar word streng toe­sig ge­hou weens die ge­vaar van kon­flik met wil­de o­li­fant­trop­pe.

In hier­die vei­li­ge ha­we is die nog sla­pen­de kal­fie op ’n bed van strooi, met ’n drup en ver­war­mingslam­pe, neer­ge­lê.

Die an­der 14 o­li­fan­te het be­slis be­sef daar is ’n o­li­ke kal­fie

na­by, sê E­lep­hants A­li­ve.

“Hul­le het met ’n sag­te ge­rom­mel met haar ge­kom­mu­ni­keer, haar dui­de­lik ge­rus­ge­stel.

“Daar­om het ons die og­gend ge­mak­lik ge­voel om Ti­mi­sa aan die trop voor te stel, aan­ge­sien die fa­mi­lie-op­set dui­de­lik haar groot­ste be­hoef­te was.”

Die ma­tri­arg, Tok­we, het die kal­fie na­der toe­ge­laat. Nog ’n koei kon nie op­hou om die nu­we­ling met haar slurp aan te raak nie.

Kort voor lank het die koeie la­er ge­trek om Ti­mi­sa, wat vei­lig teen hul reu­se­be­ne kon aan­leun.

“Ons het al­mal ge­huil,” sê Nim­mo.

Die koeie het Ti­mi­sa saam met hul­le bos­se toe ge­lei – in ’n sta­di­ger as nor­ma­le pas so­dat sy kon by­bly.

Ses maan­de la­ter is dit ’n wind­gat, uit­bun­di­ge en self­ver­se­ker­de kal­fie wat hup­pe­lend saam met haar nu­we trop na die wa­ter­gat aan­ge­draf kom.

Die koei Lim­po­po het Ti­mi­sa aan­ge­neem, haar slurp be­sker­mend op die klein­ding se rug.

“A­fri­ka het in se­we jaar al 30% van die sa­van­ne-o­li­fant­be­vol­king weens s­tro­pers ver­loor. Mis­kien is dit tyd dat ons ons be­wa­rings­fo­kus aan­pas so­dat ons nie jam­mer moet sê om­dat ons deer­nis met ’n in­di­vi­du het nie,” sê Nim­mo.

■ E­lep­hants A­li­ve doen we­ten­skap­li­ke na­vor­sing om die oor­le­wing van o­li­fan­te en hul ha­bi­tat te ver­se­ker.

Die pleeg­o­li­fant­ma Lim­po­po hou ’n be­sker­men­de slurp oor haar woe­li­ge aan­neem­telg, Ti­mi­sa. Fo­to’s: MI­KE KENDRICK

Erg dors, bang, al­leen en uit­ge­teer – dit is hoe die red­ders van E­lep­hants A­li­ve k­lein Ti­mi­sa ses maan­de ge­le­de tus­sen die bos­se ge­kry het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.