Vier Veer­tjies in die bloed­jong Via se hoed

Beeld - - Nuus -

Me­dia24 se A­fri­kaan­se TV-leef­styl­ka­naal Via (DStv-ka­naal 147) is Vry­dag met vier ATKV-Me­di­a­veer­tjies be­kroon.

Die ka­naal, wat net 18 maan­de oud is, is vir 11 pry­se in vyf ka­te­go­rieë be­noem.

“Ons is trots dat Via se ver­vaar­di­gers al in die eer­ste jaar van ons pro­duk­sie­si­klus kon kers vas­hou by ge­dug­te pro­gram­me.

“Die Veer­tjies is ge­sog­te toe­ken­nings en ons is su­per­op­ge­won­de,” sê I­zel­le Ven­ter, ka­naal­hoof van Via.

Vol­gens Ven­ter is hul wen­pro­gram­me pre­sies dit waar­na Via mik: “Ou­ten­tie­ke in­houd met u­nie­ke ka­rak­ters.”

Die prys­uit­de­ling was in die Ly­ric-te­a­ter in Gold Reef Ci­ty, Jo­han­nes­burg.

Ni­na Swart het die Veer­tjie ge­wen vir bes­te aan­bie­der van of on­der­houd­voer­der in ’n joer­naal­pro­gram vir Jou sto­rie met Ni­na.

Swart het nog ’n Veer­tjie saam met Le­roux Bo­tha ge­wen in die af­de­ling vir die bes­te joer­naal­pro­gram vir Flo­ri en Koel­soem se kos­se.

Flo­ri S­chrik­ker en Koel­soem Ka­ma­lie gee in die pro­gram eg Kaap­se re­sep­te uit Bon­te­heu­wel.

Bo­tha sê hy is baie trots op die pro­gram en die Veer­tjie.

Hy sê ’n t­wee­de sei­soen van Flo­ri en Koel­soem se kos­se is op pad.

Vol­gens hom het hy en Swart beur­te ge­maak om dié pro­gram te re­gis­seer. Swart han­teer die t­wee­de reeks op haar eie.

Do­reen Mor­ris is ver­eer vir D­rie­kuns in die ka­te­go­rie vir bes­te do­ku­men­tê­re pro­gram of pro­gram­reeks en Ja­co S­pies het die Veer­tjie ge­kry in die af­de­ling vir bes­te ver­maak­pro­gram vir Raai wat is toe­ge­draai.

Mor­ris kon nie by die prys­uit­de­ling wees nie, want sy werk in New York aan ’n nu­we kos­pro­gram vir Via.

Han­drie Bas­son, uit­voe­ren­de ver­vaar­di­ger en stig­ter van A­fro­kaans, wat Jou sto­rie met Ni­na, Flo­ri en Koel­soem se kos­se en Raai wat is toe­ge­draai ver­vaar­dig het, sê dis die groot­ste voor­reg om be­noem te word vir die pry­se. Om TV-pro­gram­me te maak is nie ’n in­di­vi­du­e­le sport­soort nie, maar span­sport, sê hy.

Hy en A­fro­kaans se he­le span was die aand van die prys­uit­de­ling op ’n W­hat­sApp-groep in kon­tak met me­kaar.

“Dis soos ’n fa­mi­lie wat ’n groot prys wen. Dis reg­tig ’n pluim­pie vir die ka­naal wat so jonk is. Dit be­te­ken men­se waar­deer dit en sien dit raak.”

Die won­der­lik­ste is eg­ter om “goed in jou taal te kan maak wat men­se waar­deer”, sê hy.

Dis die­self­de span met die­self­de hart en ta­lent wat d­rie werk­lik uit­een­lo­pen­de pro­gram­me ver­vaar­dig het wat deur die ATKV ver­eer is, sê Bas­son.

Le­roux Bo­tha en Ni­na Swart. Fo­to: JURGEN MARX

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.