Blou­berg­mo­tor­wag red 2 mans uit see

Beeld - - Nuus - Na­di­ne T­heron

’n Mo­tor­wag van K­lein­baai in Blou­berg­strand in die WesKaap het Sa­ter­dag ’n klop op die skou­er by die Na­si­o­na­le See­red­dings­in­sti­tuut (NSRI) ge­kry om­dat hy twee jong mans uit die see ge­red het.

“Ek het twee le­wens ge­red en ek voel trots daar­op,” sê A­den­aan A­ch­mat in ’n vi­deo van die NSRI.

Op Vry­dag 20 Ja­nu­a­rie het die twee jong mans ’n paar hon­derd me­ter van die strand af om hulp ge­roep ter­wyl sterk see­stro­me hul­le diep die wa­ter in­ge­trek het.

“Dit was ’n mis­ti­ge dag,” sê A­ch­mat in die vi­deo. Maar hy kon sien die twee kon nie swem nie. Hul­le was in die see­stroom tus­sen die strand en twee k­lein ei­land­jies vas­ge­keer. Die ge­ty was be­sig om in te kom.

Een het “help, help, help” ge­skreeu om­dat hy nie meer kon dryf nie, want die ge­ty was so sterk, sê A­ch­mat.

Hy het sy op­blaas­boot­jie ge­gryp en in die see ge­gaan.

Hy het eers die man naas­te aan die strand aan die boot­jie laat vas­klou en toe met die an­der man na die boot­jie ge­swem so­dat hy ook kon vas­hou.

’n Mo­tor­fiets­ry­er, Andrew van der Walt, het in­tus­sen hulp ge­kry en kort daar­na het twee men­se­red­ders A­ch­mat ge­help om die twee mans vei­lig te­rug te bring strand toe.

R­hi­ne Bar­nes, sta­sie­be­vel­voer­der van die NSRI in Melk­bos­strand, het Sa­ter­dag vir A­ch­mat ’n brief van waar­de­ring van die NSRI ge­gee.

“Jou be­reid­wil­lig­heid om, son­der aar­se­ling, die twee mans wat in die moei­lik­heid was in die see te help en die feit dat jy jou op­blaas­boot­jie saam met jou ge­neem het so­dat die mans daar­aan kon vas­klou ter­wyl hul­le op hulp ge­wag het, het twee le­wens ge­red,” lui die brief.

“Om twee men­se te help wat jou nie ken nie, vir geen be­lo­ning nie, is in die bes­te tra­di­sie van die NSRI. Ons hul­dig jou.”

A­ch­mat sê in die NSRI se vi­deo sy werk by die K­lein­baai-par­keer­ter­rein be­hels om mo­tors op te pas. Hy ge­niet dit om bui­te te wees.

“Dis al­tyd lek­ker om op die strand te wees,” sê hy.

A­den­aan A­ch­mat

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.