‘Ie­mand van moord op Court­ney ver­dink’

Beeld - - Nuus - Ro­man­tha Bo­tha

Ter­wyl die ge­meen­skap van El­sies­ri­vier blom­me gaan lê het by die plek waar Court­ney Pie­ters (3) se ly­kie skaars ’n straat­blok van haar huis ge­vind is, is haar ou­er­huis deur­ge­soek vir lei­dra­de.

Court­ney het ver­le­de week ver­mis ge­raak. Sy het glo bui­te ge­speel en nooit weer huis toe ge­kom nie.

Sy is glo laas deur ’n man van iets in die der­tig, wat ’n ka­mer in die huis huur, ge­sien.

Hy sê glo Court­ney het by hom kom TV kyk en daar­na bui­te gaan speel.

Vol­gens Roeg­s­han­da Pas­coe, ’n lid van die buurt­wag, is daar reeds ’n ver­dag­te.

Die po­li­sie sê eg­ter die on­der­soek gaan steeds voort en nie­mand is nog in heg­te­nis ge­neem nie.

Pas­coe sê le­de van die buurt­wag het Woens­dag ’n vreem­de reuk in ’n ver­trek in die huis op­ge­merk en die po­li­sie ver­soek om die snuf­fel­hon­de te bring.

Court­ney se ma, Ju­a­ni­ta Pie­ters, en haar pa, Aa­ron Fou­rie, het gis­ter vroe­ër hul kind gaan uit­ken.

“Ek kon aan haar neus en kle­re sien dat dit sy is. Ek het nog hoop ge­had dat sy le­wend ge­vind sou word, dat die lig­gaam wat hul­le ge­kry het nie ha­re sou wees nie . . . tot­dat ek haar ge­sien het,” sê Fou­rie.

Haar lyk is Sa­ter­dag­mid­dag in ’n vlak graf in ’n ny­wer­heids­ge­bied, skaars ’n straat­blok van haar huis af, ge­vind.

Haar ma was te ge­skok om oor die ge­beu­re te praat. “Ek weet nie hoe ek voel nie,” sê sy.

Vei­lig­heids­wag­te sê daar is min­stens d­rie kring­te­le­vi­sie­ka­me­ras op die per­seel waar die graf­fie was. ’n Wag wat a­no­niem wou bly, sê hy ver­moed Court­ney is in die aand daar be­gra­we. Wag­te pa­trol­leer die ge­bied net een keer per nag.

Hy sê die hek­ke word saans ge­sluit, maar men­se ge­bruik die per­seel as ’n deur­weg en klim dan oor die hei­ning.

Teen gis­ter­aand het ’n groot groep men­se in die straat ver­ga­der, ter­wyl min­stens 15 po­li­sie­voer­tuie en le­de met vuur­wa­pens ’n wa­ken­de oog ge­hou het.

Po­li­sie­be­amp­tes op die to­neel het ge­sê hul­le is daar as ’n voor­sorg­maat­re­ël in ge­val die ge­meen­skap eie reg wil ge­bruik.

Die ge­meen­skap van El­sies­ri­vier het gis­ter blom­me en speel­goed aan die hei­ning van ’n per­seel in ’n ny­wer­heids­ge­bied ge­hang waar Court­ney Pie­ters se lyk Sa­ter­dag ge­vind is. Fo­to: RO­MAN­THA BO­THA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.