Vier sterf in bot­sing op M1 in Jhb

Beeld - - Nuus -

Vier men­se is dood en twee erns­tig be­seer in ’n bot­sing gis­ter­og­gend op die M1-Suid in Jo­han­nes­burg.

Ne­t­ca­re 911 het in ’n ver­kla­ring ge­sê die om­stan­dig­he­de van die on­ge­luk is nog on­dui­de­lik, maar d­rie mo­tors was be­trok­ke.

Die hoof­weg tus­sen Wood­me­ad en Mar­l­bor­ory­laan was in al­bei rig­tings ge­sluit toe pa­ra­me­di­ci op die to­neel op­daag.

Die toe­stand van die mo­tor­wrak­ke het op die ge­weld van die bot­sing ge­dui.

Twee men­se is op die to­neel dood ver­klaar ter­wyl twee met erns­ti­ge be­se­rings op die to­neel be­han­del is.

Die twee erg be­seer­des het kort ná hul aan­koms in ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal weens hul be­se­rings ge­sterf.

D­rie in­sit­ten­des het lig­te be­se­rings op­ge­doen en is op die to­neel be­han­del.

Twee in­sit­ten­des van ’n af­le­we­rings­voer­tuig

is erns­tig be­seer toe ’n een­ton­bak­kie hul voer­tuig in die ver­keer wat weens die on­ge­luk op­ge­hoop het van ag­ter ge­tref het.

Die twee mans is in die wrak vas­ge­keer en is met me­ga­nie­se toe­rus­ting be­vry.

Hul­le is deur pa­ra­me­di­ci op die to­neel be­han­del en na ’n na­by­ge­leë hos­pi­taal ge­bring.

’n Mo­tor­wrak lê gis­ter­og­gend op die M1­suid tus­sen Wood­me­ad­ en Mar­l­bor­ory­laan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.