Be­jaar­de vrou op plaas ver­moor

Beeld - - Nuus - – Ma­rie­tie Louw­Car­stens

’n 78-ja­ri­ge vrou is Vry­dag­aand op ’n plaas na­by Roos­se­ne­kal in Lim­po­po ver­skeie ke­re met ’n skerp voor­werp ge­steek.

’n K­lein­kind het by haar op die plaas Pad­da­dam ge­kui­er, sê lt.kol. Mo­ats­he N­goe­pe, po­li­sie­woord­voer­der.

Twee mans het by haar huis op­ge­daag, sê N­goe­pe.

“Sy het die k­lein­kind na ’n na­bu­ri­ge plaas ge­stuur om iets te gaan haal.”

Toe die k­lein­kind la­ter te­rug­kom, het sy dood in ’n plas bloed ge­lê.

Daar was geen te­ken van die twee mans nie en dit is on­dui­de­lik of iets uit die huis ge­steel is.

N­goe­pe sê die po­li­sie kon vas­stel dat die twee in ’n wit Toyo­ta Hi­lux-bak­kie, waar­van die re­gis­tra­sie­nom­mer on­be­kend is, weg is.

Hy kon nie die ver­moor­de vrou se naam ver­skaf nie.

Ver­le­de Dins­dag is Hans en Chris­ti­ne Ac­ker­man op hul plaas Rem­hoog­te, ook in die Roos­se­ne­kal-dis­trik, aan­ge­val.

Twee ge­wa­pen­de mans het om 12:30 toe­ge­slaan.

Chris­ti­ne (58) en haar huis­wer­ker, wie se naam nie ver­skaf is nie, is in ver­skil­len­de ver­trek­ke in die huis vas­ge­bind.

Die ro­wers het te voet met ’n vuur­wa­pen, geld, ju­we­liers­wa­re, sel­fo­ne en ’n skoot­re­ke­naar weg­ge­kom. Hul­le is nog nie aan­ge­keer nie.

N­goe­pe kon nie sê of die twee voor­val­le moont­lik met me­kaar ver­bind kan word nie.

Men­se met in­lig­ting kan oa. Samson Ma­se­ko by 082 318 9883 bel of die po­li­sie se nood­nom­mer, 10111, ska­kel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.