Twee su­per­mark­ro­wers aan­ge­keer

Beeld - - Nuus - – Han­ti Ot­to

Twee le­de van ’n ro­wer­ben­de het dalk ge­dink hul­le het skot­vry ge­kom ná hul mis­dry­we: twee roof­tog­te in twee maan­de by die­self­de su­per­mark. Die laas­te keer was vier maan­de ge­le­de.

Wat hul­le nie be­sef het nie, was dat die po­li­sie se tri­o­taak­span in Tshwa­ne-Wes, wat op ge­wa­pen­de roof­tog­te by on­der­ne­mings en hui­se en op ka­pings fo­kus, nie op hul lou­e­re ge­rus het nie.

Twee van die mees ge­soek­te ver­dag­tes is Vry­dag­aand in heg­te­nis ge­neem, sê kapt. Au­gus­ti­nah Se­le­pe, ’n po­li­sie­woord­voer­der, in ’n ver­kla­ring.

Die twee mans, on­der­skei­de­lik 28 en 42 jaar oud, is in Diep­sloot, suid van Cen­tu­ri­on, vas­ge­trek.

Se­le­pe sê die twee was na be­we­ring be­trok­ke by die roof­tog­te by die su­per­mark in Eras­mia, net noord van Cen­tu­ri­on en so­wat 20 km van Diep­sloot af, eers in No­vem­ber en toe weer in Ja­nu­a­rie.

Hul­le het glo ge­huur­de voer­tuie in die roof­tog­te ge­bruik.

“Ons ver­wag dat nog men­se bin­ne­kort in heg­te­nis ge­neem sal word,” sê Se­le­pe.

Die twee wat in heg­te­nis ge­neem is, sal van­dees­week in die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn op on­der meer aan­klag­te van roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.