‘Be­kyk po­li­sie se lei­er in NW’

Hy aan­vaar glo nie DA­klag teen pre­mier

Beeld - - Nuus - Su­san Cil­liers

Die DA in Noord­wes vra ’n on­der­soek na die waar­ne­men­de po­li­sie­kom­mis­sa­ris in die pro­vin­sie om­dat hy glo ge­wei­er het om klag­te van aan­hit­sing tot ge­weld teen Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, pre­mier, te aan­vaar.

B­rig. Sa­ba­ta Mokg­wa­bo­ne, po­li­sie­woord­voer­der, sê eg­ter die DA lieg oor wat Vry­dag by die po­li­sie­kan­toor in Coligny ge­beur het.

“Ons het die DA ge­vra om ’n ver­kla­ring te skryf en te­rug te bring so­dat die klag­te in­ge­dien kan word, maar hul­le het nooit te­rug­ge­kom nie.”

Nou vra die DA die on­af­hank­li­ke po­li­sie­on­der­soek­di­rek­to­raat (O­pod) om die op­tre­de van genl.maj. Pa­trick A­sa­neng, die kom­mis­sa­ris, te on­der­soek.

“Hy het ons by die po­li­sie­kan­toor in­ge­wag, ge­wei­er om sy naam en rang te ver­skaf en hom net voor­ge­stel as ‘die groot kro­ko­dil’,” sê Joe M­cGlu­wa, DA-lei­er in Noord­wes.

“Hy het ook ge­wei­er dat po­li­sie­le­de na ons klag­te luis­ter en ’n ver­kla­ring af­neem. Hy het ons be­veel om net te­rug te kom as ons iets kon voor­lê wat sou neer­kom op ’n vol­le­di­ge on­der­soek wat ge­reed is vir die hof. Ons kan net aan­neem hy het po­li­tie­ke op­drag­te uit­ge­voer.”

M­cGlu­wa sê hul­le gaan die klag­te teen Ma­hu­ma­pe­lo nou by ’n an­der po­li­sie­kan­toor in­dien.

Die DA meen Ma­hu­ma­pe­lo het die on­lang­se be­to­gings in Coligny aan­ge­hits met op­mer­kings op die be­graf­nis van die 16-ja­ri­ge Mat­l­ho­mo­la Mos­weu.

Sy dood op 20 A­pril het tot ge­weld­da­di­ge be­to­gings, die af­brand van hui­se en plun­de­ring van sa­ke­on­der­ne­mings in die dorp ge­lei.

Ma­hu­ma­pe­lo het op Mat­l­ho­mo­la se be­graf­nis ge­sê die vraag is nie óf die be­skul­dig­des Mos­weu dood­ge­maak het nie, die vraag is net hóé.

Hy het glo ook na wit men­se ver­wys as “be­soe­kers wat met leë han­de na Suid-A­fri­ka ge­kom het, son­der koeie of son­ne­blom­me”.

Ma­hu­ma­pe­lo het na be­we­ring ook ge­sê die be­skul­dig­des is ras­sis­te.

Pie­ter Doore­waard (26) en P­hil­lip S­chut­te (34), twee plaas­wer­kers in die om­ge­wing, word

aan­ge­kla van moord op Mat­l­ho­mo­la en is in­tus­sen op borg­tog vry­ge­laat. Hul­le ont­ken hul­le het die seun se dood ver­oor­saak en sê hy is nood­lot­tig be­seer toe hy van hul be­we­gen­de bak­kie af­ge­spring het.

Adv. Jo­hann En­gel­brecht SC, straf­reg­ken­ner, sê die po­li­sie is wet­lik ver­plig om el­ke klag te aan­vaar, ver­kla­rings te be­ë­dig of self af te neem. “Po­li­sie­le­de op grond­vlak is eg­ter dik­wels nie op­ge­was­se om sul­ke klag­te (soos die DA s’n teen Ma­hu­ma­pe­lo) te be­har­tig nie. Dit sal dus goed wees as die DA self ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring op­stel.”

Hy het ons by die po­li­sie­kan­toor in­ge­wag, ge­wei­er om sy naam en rang te ver­skaf en hom net voor­ge­stel as ‘die groot kro­ko­dil’.

— JOE M­CGLU­WA, DA­LEI­ER IN NOORD­WES

Su­pra Ma­hu­ma­pe­lo, Noord­wes se pre­mier, Vry­dag in die on­rus­ge­teis­ter­de Coligny waar hy met in­wo­ners van ver­skil­len­de ge­meen­skap­pe ver­ga­der het om ver­soe­ning te pro­beer be­werk­stel­lig. Die DA be­skul­dig hom eg­ter daar­van dat hy die er­ge ge­weld die af­ge­lo­pe twee we­ke in dié dorp aan­ge­vuur het met be­weer­de ras­sis­tie­se op­mer­kings. Dis nie be­kend wie die twee in­wo­ners op die fo­to by hom is nie. Fo­to: FA­CE­BOOK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.