Gup­ta­vi­rus trek die ANC plat

Beeld - - Kommentaar - Jo­hann Maar­man Maar­man is ad­junk­re­dak­teur van Beeld se sus­ter­koe­rant Die Bur­ger.

Ver­lo­ën en ver­raai. ’n Pe­trus-enJu­das-kom­bo. Dís hoe die stom­me ANC-ap­pa­ratsjiks twee keer die af­ge­lo­pe week ge­re­a­geer het. Eers is hul­le ont­nug­ter toe die Noord-Kaap­se pre­mier, Syl­via Lu­cas, ’n dag voor die ANC se pro­vin­si­a­le kon­gres hier haar ka­bi­net ge­skom­mel en die an­tiZu­ma-ka­me­ra­de in die pad ge­steek het.

Lu­cas is nou nie ie­mand wat jy aan ’n flink­dink-pro­gram sal wil laat deel­neem nie. Mev. Ken­tucky, soos Lu­cas ook be­kend staan (sy het mos die staat se kre­diet­kaart ge­bruik om tien­tal­le S­treetwi­se Two-kom­bi­na­sies te koop vir haar fak­sie), is ’n op­per­ste knie­val­ler vir pres. Ja­cob Zu­ma en het geen ge­heim daar­van ge­maak dat N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma haar voor­keur­kan­di­daat is om die pre­si­dent­lei­sels by haar eks­man oor te neem nie.

In die ANC is daar ’n kon­ven­sie dat die al­li­an­sie­ven­no­te en die ANC-ring­kop­pe ge­ken moet word wan­neer ’n pre­mier haar uit­voe­ren­de raad wil skom­mel. Iets wat mev. Ken­tucky nie ge­doen het nie. Maar hoe­kom sou sy? Sy doen net wat Nom­mer Een doen. Maar van van­og­gend af is Lu­cas nie meer in be­heer van die Noord-Kaap nie. Za­ma­ni Saul, ’n Cy­ril Ra­map­ho­sa­man, sal van nou af vir Lu­cas be­paal hoe hoog of laag sy moet spring.

Die ANC het skaars ná die Lu­cas­ma­ne­wa­les sy a­sem te­rug­ge­kry of mi­nis­ter Lyn­ne Bro­wn en die E­s­kom­di­rek­sie be­sluit dat die we­nen­de B­ri­an Mo­le­fe weer sy jop­pie by die e­lek­tri­si­teits­ver­skaf­fer kan te­rug­kry.

Dít kom nou na­dat hy be­dank het as uit­voe­ren­de hoof en deur die o­pen­ba­re be­sker­mer uit­ge­wys is as ie­mand wat ge­reeld op­roe­pe ge­kry het uit Saxon­wold – die Gup­ta-land­goed. Net soos Zu­ma het hy ook die Gup­ta-vi­rus.

Weer moes die ANC skar­rel en het Bro­wn ge­re­pu­di­eer om­dat sy en die E­s­kom-di­rek­sie een­sy­di­ge be­slui­te ge­neem het. Mo­le­fe én Bro­wn be­hoort sum­mier die trek­pas te kry.

Ont­hou nou, Mo­le­fe se goue hand­druk van E­s­kom het R30 mil­joen be­loop. Bro­wn het daar­teen vas­ge­skop en won­der­baar­lik nou be­sef dat hul­le Mo­le­fe maar sy ou pos moet te­rug­gee.

Goeie he­mel, lyk ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie dan só?

Die Lu­cas- en Mo­le­fe-kas­ke­na­des wys maar net weer dat die po­li­tie­ke skle­ro­se in die ANC nie ge­keer kan word nie. Dit het al te ver ge­vor­der en on­der Zu­ma is dit net ver­haas.

Zu­ma kan hier­die land van ons niks an­ders meer bied as el­len­de en mis­moe­dig­heid nie. Po­li­ties word hy aan die le­we ge­hou deur die ka­baal daar in Saxon­wold, want die ANC-kou­kus is nie meer in be­heer nie, die Saxon­wold­kou­kus is. Hul­le dink vir Zu­ma. Hul­le be­heer hom.

Boon­op is Zu­ma nie ’n slim man nie. Eer­der slu. Roe­ke­lo­se re­to­riek is die kom­mo­di­teit waar­in hy han­del dryf.

Die ANC se man­da­ry­ne kan maar hul ke­le hees skree dat die ANC gro­ter is as Zu­ma. Dis ge­woon nie waar nie.

Die ANC het ná die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof se uit­spraak dat Zu­ma sy amps­eed ver­breek het die ge­leent­heid ge­had om hom te her­roep. Hul­le het nie. Dit is as­of die par­ty een­vou­dig nie diep ge­noeg in hom­self delf om die reg­te ding te doen nie. Hoe­kom? Die ANC het soos Zu­ma ge­word. Kor­rup, gie­rig en hard­kop­pig. ’n Klomp po­li­tie­ke sak­ke­rol­lers. T­sot­si’s. S­tro­pers.

As die be­vry­ders soos ver­druk­kers be­gin op­tree, is dit tyd hom hul­le in hul peet­jie te stuur. Die ANC ver­dien ons nie. En ons ver­dien nie die ANC van Zu­ma nie.

Dis tyd dat die ANC van sy troon af­ge­stoot word en as hul­le in die pro­ses bloei, laat hul­le ver­domp bloei, want die he­mel weet, ons het ge­noeg ge­had van die Gup­ta-vi­rus wat ons sa­me­le­wing weg­vreet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.