My moe­der­tjie kon met ’n hout­le­pel toor

Beeld - - Kommentaar -

Ek kon nog nooit ver­staan dat e­nig­ie­mand by sy sin­ne dit eens kan oor­weeg om mam­mie op Moe­ders­dag na ’n re­stau­rant toe te neem nie.

Oor­vol, duur­der as ge­woon­lik, sta­di­ge diens, jil­len­de kin­ders, klein­kin­ders en ag­ter­klein­kin­ders en dan be­taal jy ’n for­tuin so­dat jou ma op ’n an­der plek as jul eie huis vir jou kan sê om jou groen­te klaar te eet voor­dat jy na­ge­reg kry.

Ge­luk­kig is my kin­ders nou al­mal groot ge­noeg om vir hul ma ’n Moe­ders­dag­ge­skenk te koop waar­van sy ook nie gaan hou nie.

Ek het al­tyd vir my kin­ders ge­sê hul­le moet op Moe­der­dag self plan maak, want my an­der helf­te­tjie is húl ma en nie mý ma nie, hoe­wel ek soms vir haar “Mam­ma­tjie” sal sê.

Maar met die ou kin­der­tjies oor die land ver­sprei, kry ek haar maar el­ke keer ’n bie­tjie jam­mer en vat dan op my to­ne (soos ’n waf­fer­se Nu­ruy­ev) die ou tee­tjie, Mar­mi­te-brood­jie en koe­rant­jie (o ja, en ’n ver­dwaal­de tuin­blom­me­tjie in die pie­ring!) bed toe, soen haar sag­gies in die nek en trip­pel weer op my to­ne daar uit.

Moe­ders­dag uit­ge­sort!

Dik Daan sê die per­fek­te ge­skenk wat hy el­ke jaar vir sy vrou­tjie op Moe­ders­dag gee, is om saam met haar win­kels toe te gaan en te maak of hy dit ge­niet.

“Jy moet net leer om as dit lyk of sy van iets hou gou be­sig te raak met iets an­ders in die win­kel, soos om by­voor­beeld met ’n net­jies ge­bou­de, jong blon­di­ne by die par­fuum­toon­bank ’n ge­sel­sie aan te knoop,” sê hy.

Oom John­ny, wat al am­per meer Moe­ders­dae as ver­jaar­dae be­leef het, sê as daar ’n man is wat hy gis­ter jam­mer ge­kry het, is dit nou Nom­mer Een met sy vier an­der kwar­te.

“Kan jy jou in­dink in wat­se sker­mut­se­ling jy jou kan in­loop as hy daar by S­pur met dié vier en on­ge­veer 20 kin­ders in­ge­wals kom,” sê hy.

“Ek sê jul­le, selfs die Gup­tas sal suk­kel om daai re­ke­ning uit­ge­sor­teer te kry.”

(Oom John­ny sê “on­ge­veer 20 kin­ders”, want dit is vol­gens hom wat Wik­kie Pie­ter­se sê as jy Zu­ma goo­gle).

Maar soos neef Bar­tel toe by­voeg, moet dit vir Nom­mer Een selfs met 24 gas­te nog lek­ker­der in die S­pur wees as by ’n Koe­sa­toe-dwars­trek in Bloem­fon­tein.

En ja, wat spreek­beur­te be­tref, dink ons nie hy is te veel ge­pla daar­oor nie.

’n Man met vier vrou­ens moet im­mers lank­al ge­woond wees daar­aan om nooit ’n spreek­beurt te kry nie.

Al wat ek graag op hier­die mooi og­gend oor my ou ont­sla­pe moe­der­tjie wil sê, is dat sy met ’n hout­le­pel kon toor.

Op die stoof en op my ag­ter­ent. My be­lang­rik­ste le­wens­les, naam­lik om nooit e­ni­ge groot­mens te ver­trou nie, is ge­leer die dag toe ek voor haar en le­pel al om die huis uit­ge­vlug en sy skie­lik van voor af ge­kom het.

Wat ’n skok!

Jy be­taal ’n for­tuin so­dat jou ma op ’n an­der plek as jul huis vir jou kan sê om jou groen­te klaar te eet voor­dat jy na­ge­reg kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.