Die wolk oor Mo­le­fe se kop is steeds daar

Beeld - - Kommentaar -

As dit nie so tra­gies was nie, was dit lag­wek­kend; en as dit in ’n an­der land ge­beur het, sou ons mee­wa­rig daar­oor kon grin­nik. Maar he­laas, dit is in Suid-A­fri­ka waar ie­mand wat on­der die wolk van be­we­rings van be­lan­ge­bot­sing, staat­skaping en boe­tie-ka­pi­ta­lis­me by ’n staats­on­der­ne­ming weg is, so­waar sy pos te­rug­kry, nog­al teen die­self­de ruim voor­waar­des.

Dit is die land waar­in fi­nans­mi­nis­ters nie weet of hul­le ’n na­week, ’n maand of ’n jaar in hul pos gaan wees nie. In­stel­lings wat moet sorg vir die wig­te en teen­wig­te om on­ge­brei­del­de mags­mis­bruik in toom te hou, word eer­der ge­ïg­no­reer, so­dat guns­te­lin­ge in pos­te kan kom waar dit die re­ge­ren­de e­li­te ten bes­te be­voor­deel.

In dié kon­teks wek B­ri­an Mo­le­fe se te­rug­keer na sy pos as hoof van E­s­kom erg kom­mer. Daar is mis­kien geen twy­fel oor sy teg­nie­se be­stuurs­kun­dig­heid of on­der­han­de­lings­ver­moë wat hy in pos­te by die na­si­o­na­le te­sou­rie, die O­pen­ba­re Be­leg­gings­kor­po­ra­sie en Trans­net ge­slyp het nie; maar as hy ver­le­de jaar by E­s­kom weg is om sy naam in ere te her­stel en ter wil­le van goeie kor­po­ra­tie­we be­stuur, wil ’n mens vra: Waar is die na­streef van goeie kor­po­ra­tie­we be­stuur dan nou skie­lik heen?

K­wan­suis was dit vir die re­ge­ring goed­ko­per om Mo­le­fe sy ou werk te­rug te gee as om hom ’n pen­si­oen­uit­be­ta­ling van R30 mil­joen te gee. Maar dit is ’n be­drag wat hy uit die staan­spoor nie ver­dien het nie. Daar was spra­ke dat Mo­le­fe ’n Zu­ma-guns­te­ling was om Pra­vin Gord­han as fi­nans­mi­nis­ter op te volg. Met Ma­lu­si Gi­ga­ba nou daar, be­te­ken Mo­le­fe se te­rug­keer na E­s­kom dalk net ’n her­vat­te ska­kel om staat­skaping voort te sit? Sul­ke vrae sal be­slis ter spra­ke wees wan­neer die kre­diet­gra­de­rings­a­gent­skap Moody’s bin­ne­kort moet be­sluit of ook hý Suid-A­fri­ka se skuld gaan af­gra­deer soos Fitch en S­tan­dard & Poor’s.

As die re­ge­ring ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se trans­for­ma­sie wil laat slaag – hoe hy dit ook al de­fi­ni­eer – is deur­sig­tig­heid, e­tie­se lei­er­skap en ver­ant­woord­baar­heid van die ui­ter­se be­lang by so ’n be­lang­ri­ke e­ko­no­mie­se ska­kel soos E­s­kom, wat vir 95% van die land se e­lek­tri­si­teit sorg. Die wolk oor Mo­le­fe se kop toe hy by E­s­kom weg is, is steeds daar.

Hoe­kom moet hy dan sy werk te­rug­kry?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.