De K­lerk ver­dien be­ter

Beeld - - Kommentaar -

Piet van Pot­chef­stroom

Ra­pu­le Ta­ba­ne is een van u ru­briek­skry­wers wat ek met graag­te lees.

Sy ge­dag­tes is sui­wer en be­re­de­neerd, sy taal­ge­bruik sui­wer en sy ken­nis van die po­li­tiek wys dat hy baie op die hoog­te van sa­ke is.

Maar van­og­gend is my hart seer, want oor sy ge­dag­tes oor FW de K­lerk val hy, soos die stu­den­te sal sê, uit die bus.

Hy sê in sy voor­laas­te pa­ra­graaf:

“. . . ter­wyl hul­le soos al­mal an­ders be­las­ting­be­ta­lers is.” Mnr. Ta­ba­ne, wie is “hul­le al­mal”? Dit is reg as De K­lerk se­ker­lik on­der druk die be­slui­te moes neem.

Maar dink u dit was som­mer net­so? Kan u u in­dink deur wat­ter wroe­gings die man moes gaan oor die aard­ver­skui­wen­de be­slui­te?

Maar hy het dit ge­doen, seer se­ker­lik met baie ure op sy knieë.

Ek dink hier­die No­bel­prys­wen­ner ver­dien be­ter.

Moe­nie be­kom­merd wees nie, ek sien nog uit na ver­de­re af­le­we­rings van u.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.