Laat Hlau­di die pro­bleem gou op­los

Beeld - - Kommentaar -

Sa­rel My­burgh, P­re­to­ria­Tui­ne

Die be­rig “SAUK staan wéér bak­hand by staat” (12.05) laat ’n mens dink aan Hlau­di Mot­soe­neng en sy uit­spra­ke as die self­aan­ge­stel­de ghoe­roe wat SuidA­fri­ka se pro­ble­me in ’n jap­trap sal op­los.

Waar is die op­por­tu­nis en groot­bek nou?

Mis­kien moet die ge­ag­te mi­nis­ter van kom­mu­ni­ka­sie by Hlau­di gaan aan­klop om sy wy­se raad te kry om hier­die pro­bleem op te los.

Hlau­di be­hoort goeie ken­nis te hê, want al­les dui daar­op dat hier­die pro­bleem ont­staan het toe Hlau­di nog die sep­ter by die SAUK ge­swaai het. Hy moet nou mos net in sy “hel­der” kris­tal­bal kan kyk en gou ’n o­plos­sing daar­voor kry.

Dit wil mos hoe­ka voor­kom as­of pres. Ja­cob Zu­ma Hlau­di se “bui­ten­ge­wo­ne ver­moë” raak­ge­sien het en hom vir gro­ter lou­e­re op­sy sit!

En steeds is die SAUK nog nie van hom ont­slae nie!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.