’n Heer­li­ke ‘gin en to­nic’ vir ge­moed

Beeld - - Boeke -

Ta­ke­do­wn

S­te­phen Le­at­her HODDER & STOUGHTON, R275

As ’n mens al die cli­chés in hier­die boek langs me­kaar sit, dan kry jy net weer hier­die boek.

Dit moes ek ge­weet het, toe ek hom spe­si­fiek ge­kies het oor hy ’n “Sun­day Ti­mes be­st­sel­ler” is. Maar dis wat ek wou hê, en dis pre­sies wat jy kry. Ta­ma­tie­bre­die. Troos­kos.

Lex Har­per is een van daai B­rit­se su­per­held-spi­oen­ka­rak­ters: Hul­le praat se­we ta­le, het meer in­sig as die Da­lai La­ma, meer naas­te­lief­de as ’n kerk­kamp, meer geld as ’n rap­per en tog het hul­le een groot, tra­gie­se fa­brieks­fout.

In Lex se ge­val is hy net een­vou­dig te ne­de­rig. Nee, ek jok. Hy het geen fou­te nie.

Ta­ke­do­wn is ’n pro­duk van ons tyds­gees, aan­me­kaar­ge­sit deur uit­ge­wers wat al die bok­sies wou tiek: Si­rië, Irak, I­sis, ek­so­tie­se T­hai­land, strak A­me­ri­ka en die “ho­me fi­res” van En­ge­land. Ook na­tuur­lik ter­ro­ris­me, im­mi­gra­sie, na­si­o­na­lis­me, mens­li­ke sluik­han­del en so­si­a­le me­dia.

Maar ek het dit ge­weet, en ek is nie te­leur­ge­stel nie.

Ta­ke­do­wn is ’n heer­li­ke a­von­tuur soos wat jy ag­ter Lex aan reis oor die wê­reld heen op soek na ’n ge­heim­sin­ni­ge span boos­wig­te wat al MI5 se ge­hei­me ge­steel het. Op flash dri­ves.

As al die ge­hei­me maar net in die iCloud ge­stoor was, dan was hier geen plot nie. Maar, sj­j­jt.

In­tus­sen is daar ook ’n voor­ma­li­ge lid van die B­rit­se spe­si­a­le mag­te wat om duis­te­re re­des Si­rië toe ge­reis het om hulp by I­sis te kry vir ’n ver­nie­ti­gen­de aan­val op ’n tei­ken in En­ge­land.

Daar is ook die Rus­se wat vir Lex ’n nu­we . . . graf wil gra­we, en on­ge­veer ne­ge an­der sub­sto­ries. ’n Pro­bleem is dat ’n mens aan­vank­lik in elk­een van hier­die sto­rie­lyn­tjies be­lê, maar dan moet uit­vind daar­die spe­si­fie­ke een wat jou aan­dag ge­prik­kel het, is toe eint­lik nê­rens heen op pad nie.

Maar die le­we is vol te­leur­stel­lings.

Die ak­sie in Ta­ke­do­wn is skerp en o­lie­rig, met Cor­mac M­cCarthy se vlak van deur­ge­trap­te de­tail.

El­ke wa­pen, el­ke voer­tuig, el­ke ge­veg­styl, al­les word in die laas­te be­son­der­heid be­skryf. Niks word ge­bruik as die skry­wer nie min­stens kan sê hoe­veel hy weeg, wat sy te­rug­skop­krag is en wat­ter vo­lu­me bloed jy gaan ver­loor as hy jou tref nie.

En nes die boek sy rit­me af­dwing as ’n ril­ler, slaan hy rat­te oor en word ’n en­sem­ble­stuk met die ge­voel van O­ce­an’s E­le­ven of The I­ta­li­an Job, wan­neer Lex al sy ou ka­me­ra­de van oor die wê­reld heen in­roep om deel te word van die span.

Dit word ’n “ca­per”, ’n lek­ker ous­kool skop-skiet-en-kwink­slag­re­sies-teen-tyd.

S­te­phen Le­at­her is ver­ant­woor­de­lik vir ’n be­trek­lik ge­wil­de reeks speur­boe­ke oor die ka­rak­ter “S­pi­der” S­hep­herd.

Men­se wat daar­die boe­ke ken, sal da­de­lik sien dié sto­rie speel in die­self­de wê­reld af, met ’n paar ka­rak­ters wat hier ook hul ver­sky­ning maak. En as jy van S­pi­der hou, sal hier­die boek die­self­de boei­en­de er­va­ring ver­skaf.

Nu­we le­sers kan eg­ter ver­se­ker wees dat jy niks uit die res van die reeks hoef te weet om in die brein­kou­gom van hier­die boek ver­stren­gel te raak nie.

Gin en to­nic vir die ge­moed.

■ Ma­ri­us Vis­ser is ’n subre­dak­teur by Me­dia24 en vry­skut­re­sen­sent van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.