Lief­de het ’n dui­send vor­me

Beeld - - Boeke -

K­leu­re van die lief­de Cor­lia Fou­rie (sa­mest.) HUMAN & ROUSSEAU, R230

Lank, lank ge­le­de, toe sel­fo­ne on­denk­baar was en men­se ge­lees het eer­der as se­pies kyk, was tyd­skrif­ver­ha­le meer as ’n na­ge­dag­te in baie A­fri­kaan­se pu­bli­ka­sies.

Tyd­skrif­te wat wel nog ver­ha­le plaas, plaas veel min­der. Ver­ha­le het kor­ter ge­word en re­dak­teurs meer voor­skrif­te­lik: Wáár­oor ’n sto­rie gaan, speel ’n deur­lo­pen­de rol in of ’n ver­haal ge­plaas gaan word of nie.

Maar oor die lief­de sal daar al­tyd ge­skryf word. K­leu­re van die lief­de is ’n ver­sa­me­ling lief­des­ver­ha­le wat deur die ja­re in rooi ro­se ver­skyn het, ge­skryf deur be­ken­de skry­wers. Dié na­me sluit groot vis­se in die dam in, soos Sophia Kapp, Al­ta Cloe­te en El­sa Winckler; maar ook skry­wers wie se werk nie by uit­stek by dié gen­re in­ge­deel word nie: Ir­ma Jou­bert, He­le­ne de Kock en En­ge­la Lin­de se jong­ste boe­ke het meer op die hart as ro­man­se. François Bloem­hof is nie héél­te­mal be­kend as A­fri­kaans se eie Bar­ba­ra Cart­land nie en Fa­nie Vil­joen en Ja­co Ja­cobs skryf kin­der­boe­ke.

Be­te­ken dit dat lief­des­ver­ha­le ’n “mak­li­ke” gen­re is en dat e­nig­een een dit kan skryf? Of dat daar in el­ke skry­wer min­stens een goeie lief­des­ver­haal skuil?

Die groot­ste be­swaar teen baie van hier­die ver­ha­le is ge­brek­ki­ge in­spi­ra­sie. Sophia Kapp, be­kend vir die be­gees­terd­heid van haar ro­mans, het ’n sto­rie ge­skryf oor ’n eg­paar wat te arm is om Va­len­tyns­dag be­hoor­lik te vier, maar hul­le is nog lief vir me­kaar en dit is ge­noeg. Die ver­haal is te­ma­ties fut­loos. In Ir­ma Jou­bert se “De­li­la” moet ’n mei­sie aan­vaar haar skool­hoof-pa wil met die nu­we skool­juf­frou trou – nou nie die soort ver­haal wat die ver­keer tot stil­stand bring nie.

’n Teen­ar­gu­ment is dat dié skry­wers hul­le dalk ge­rig het op sub­ti­li­teit en un­der­sta­te­ment eer­der as ’n lief­destert in die ge­vreet.

Die held in Ber­net­te Ber­gent­huin se “Met die maan ge­pla” is ge­pla met ’n los mei­sie wat hy nie kan lief­hê nie. Dis ’n goeie sto­rie, maar die slot is nét te “mak­lik” en voor­spel­baar. ’n Per­soon­li­ke guns­te­ling is “Die soen” deur El­sa Winckler: ’n Wan­na­be-ro­man­se­skry­wer moet leer soen voor­dat sy die vry­to­ne­le in haar ma­nu­skrip oor­tui­gend kan be­skryf, maar wie gaan haar “leer”?

Op erns­ti­ger trant is daar An­ne­lie Bo­tes se “Nag­reis” en Al­ta Cloe­te se baie ge­slaag­de “Nag­mu­siek”. Ge­or­ge Wei­de­man se “Die lay-by-bruid”, so in die trant van Ko­ö­pe­ra­sie­sto­ries, is heer­lik.

Die bun­del be­wys dat die lief­de ’n dui­send vor­me aan­neem en dat daar ál­tyd iets oor die lief­de te skryf is. En dat el­ke skry­wer min­stens een lief­des­ver­haal, goed of min­der goed, in sy of haar hart saam­dra. Al sal som­mi­ge nooit die moed hê om dit te skryf nie.

■ J.B. Roux is ’n vry­skut­re­sen­sent van Rie­beek-Wes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.