Die hel­de­ont­vangs van ’n ‘su­per­spi­oen’

Bin­ne ’n tyd­perk van am­per ’n de­ka­de het Wil­li­am­son tal­le jong ka­me­ra­de uit­ver­koop – baie van hul­le is aan­ge­hou, ge­mar­tel, en par­ty is dood as ge­volg van sy ver­raad, skryf C­har­les Le­o­nard.

Beeld - - Boeke - Spy: Un­co­ve­ring Craig Wil­li­am­son Jo­na­than An­cer JACANA, R260

In 1967 toe Craig Wil­li­am­son, wat in die 1980’s be­roemd of be­rug (af­han­gend van jou po­li­tiek) ge­word het as Suid-A­fri­ka se “su­per­spi­oen”, by die po­li­sie aan­ge­sluit het, is niks ge­vaar­li­ker as ’n pen aan hom uit­ge­reik nie.

In daar­die dae kon jy mi­li­tê­re diens­plig vir ne­ge maan­de plus ’n sta­pel kam­pe doen of vier jaar po­li­sie toe gaan. Po­li­tiek­be­wus­te stu­den­te wat nie die land wou ver­laat het, het eer­der weer­mag toe ge­gaan om­dat die po­li­sie as a­part­heid se storm­troe­pe be­skou is.

D­rie jaar la­ter het le­de van die krag­da­di­ge Vei­lig­heids­po­li­sie Wil­li­am­son uit die blou­te vir ’n braai ge­nooi om te ge­sels. Die on­be­hol­pe, oor­ge­wig Wil­li­am­son, met sy be­voor­reg­te ag­ter­grond as leer­ling van die e­li­te-pri­vaat­skool St. John’s Col­le­ge in Jo­han­nes­burg, was ’n vreem­de ge­dier­te in die po­li­sie. Maar nie vir ko­lo­nel Jo­hann Coet­zee nie. Met Wil­li­am­son se wê­reld­be­skou­ing en sy ag­ter­grond het dié hoof van die Vei­lig­heids­po­li­sie on­mid­del­lik sy po­ten­si­aal as spi­oen raak­ge­sien.

Twee dae ná die braai het Coet­zee vir Wil­li­am­son ’n pos in die Vei­lig­heids­po­li­sie se be­rug­te Sek­sie 4 aan­ge­bied om op link­se stu­den­te te spi­oe­neer. A­gent RS 167 is ge­bo­re.

Die joer­na­lis Jo­na­than An­cer se deeg­lik na­ge­vors­te Spy: Un­co­ve­ring Craig Wil­li­am­son ver­tel ver­nuf­tig die ver­haal van sy dub­be­le be­staan as spi­oen en “vriend” van lei­ers op En­gel­se kam­pus­se en la­ter in die hoof­kan­toor van die In­ter­na­ti­o­nal U­ni­ver­si­ty Ex­chan­ge Fund (IUEF), be­fond­ser van an­ti-a­part­heid-or­ga­ni­sa­sies, in Genè­ve.

Bin­ne ’n tyd­perk van am­per ’n de­ka­de het die koel­bloe­di­ge Wil­li­am­son tal­lo­se jong ka­me­ra­de uit­ver­koop – baie van hul­le is aan­ge­hou en ge­mar­tel, tal­le het in die tronk be­land en par­ty is dood as ge­volg van sy ver­raad.

“S­pi­oe­ne ver­raai op min­stens twee vlak­ke,” skryf An­cer. “Die eer­ste is hul ge­veins­de lo­ja­li­teit aan die saak van die groep wat hul­le gein­fil­treer het; in Wil­li­am­son se ge­val die Suid-A­fri­kaan­se be­vry­ding­stryd. Die an­der een is ’n per­soon­li­ke ver­raad, want ’n spi­oen lieg en be­drieg men­se wat glo dat hy ’n vriend en aan hul­le kant is.”

In Ja­nu­a­rie 1980 word Wil­li­am­son se wa­re i­den­ti­teit as spi­oen ont­hul. Een van sy me­de-a­gen­te, Art­hur M­cGi­ven, wat saam met hom op Wits se stu­den­te­raad in 1973-’74 ge­dien het, het uit die land ge­vlug met ’n tas vol do­ku­men­te – van hul­le in­kri­mi­ne­rend vir Wil­li­am­son. Dit was na­dat die Vei­lig­heids­po­li­sie uit­ge­vind het dat M­cGi­ven saam met ’n man woon – iets ergs in a­part­heid-Suid-A­fri­ka.

Wil­li­am­son se kaar­te­huis het be­gin in duie stort. Eers het M­cGi­ven met am­per die he­le mand­jie pa­tats in ’n B­rit­se koe­rant uit­ge­kom. Nie lank daar­na nie het The Gu­ar­di­an in Lon­den Wil­li­am­son ont­mas­ker as ’n a­part­heid­spi­oen. Coet­zee het sy man gaan haal – tuis het hy as “su­per­spi­oen” ’n hel­de­ont­vangs ge­kry.

“Sy vy­an­de vrees en be­won­der hom,” het Beeld ver­kon­dig. Selfs die En­gel­se koe­ran­te was ewe krui­pe­rig. Die Sun­day Ti­mes het uit­a­sem be­rig dat kap­tein Wil­li­am­son Ja­mes Bond-sto­ries na kin­der­spe­le­tjies laat lyk het. On­der die vet, swart op­skrif “Our man in Moscow” be­weer hul­le dat hy op die KGB ge­spi­oe­neer het, maar dat hy “nooit bang was nie”.

Sy vy­an­de was min­der be­ïn­druk. Die fo­to van ’n be­baar­de Wil­li­am­son met ’n pels­hoed op die Rooi­plein wat die Sun­day Ti­mes-ar­ti­kel ge­ïl­lus­treer het, is ge­neem toe hy die Sow­jet­u­nie vir ’n week lank as toe­ris be­soek het. Selfs me­de-a­gen­te in die Vei­lig­heids­po­li­sie was nie b­ein­druk deur sy “su­per”-sta­tus nie en het die om­vang van sy “pres­ta­sies” be­vraag­te­ken, skryf An­cer.

Hier­na het Wil­li­am­son vin­nig op­gang in die Vei­lig­heids­po­li­sie ge­maak – in die vol­gen­de paar jaar is hy ge­bruik as die Vei­lig­heids­po­li­sie se hoof­on­der­vra­er. By ver­skeie po­li­tie­ke ver­toon­ver­ho­re van wit ak­ti­vis­te is hy as die staat se ken­ner oor die ANC voor­ge­hou.

Dis eg­ter sy oor­gang van “su­per­spi­oen” tot brief­bom­moor­de­naar wat my ge­fas­si­neer het. Dis hier waar An­cer se skryf­ver­nuf my ver­al vas­ge­na­el ge­had het. In 1991 het ek be­vriend ge­raak met die oud-Ma­tie en ANC-lid Ma­ri­us S­choon toe hy van bal­ling­skap te­rug­ge­keer het.

Ge­du­ren­de die vry­heid­stryd het S­choon en sy ge­sin in An­go­la ge­woon. Hy was in Lu­an­da toe sy vrou, Jen­ny, en hul ses­ja­ri­ge dog­ter­tjie, Ka­tryn, in hul woon­stel in Lu­ban­go, An­go­la, op 28 Ju­nie 1984 aan flar­de deur ’n brief­bom ge­skiet is. Hul seun­tjie, F­ritz (2), was bui­te die woon­stel en fi­siek on­ge­deerd. Hoe­wel hul­le ANC-le­de was, het die S­choons in daar­die sta­di­um as En­gels-on­der­wy­sers by die plaas­li­ke u­ni­ver­si­teit ge­werk.

In 1995 maak Wil­li­am­son uit die blou­te ’n skok­be­ken­te­nis dat sy af­de­ling van die Vei­lig­heids­po­li­sie ver­ant­woor­de­lik was vir die brief­bom­me wat die S­choons en Ruth First in Mo­sam­biek se le­wens ge­ëis het. Ma­ri­us loods ’n si­vie­le­ska­de-eis van R2 mil­joen na­mens F­ritz teen Wil­li­am­son as ver­goe­ding vir skok en sy ver­lies aan on­der­steu­ning en te­ra­pie­on­kos­te. Net voor die ge­ding sou be­gin, dui Wil­li­am­son aan dat hy om am­nes­tie by die Waar­heid­sen-Ver­soe­nings­kom­mis­sie aan­soek gaan doen en die ge­reg­te­li­ke stap­pe word toe ty­de­lik ge­staak.

Ge­du­ren­de die am­nes­tie­ver­hoor in 1998 stuur Wil­li­am­son sy pro­ku­reur om Ma­ri­us vir ’n bier saam met Wil­li­am­son te nooi. Ma­ri­us was woe­dend – dít na­dat hy sy vrou en ses­ja­ri­ge dog­ter­tjie ver­moor het. Ma­ri­us het die pro­ku­reur aan­ge­sê om te “fo­kof”, ver­tel sy t­wee­de vrou, S­her­ry M­cLe­an, aan An­cer. Soos An­cer dit be­skryf: “Wil­li­am­son het nie na die WVK ge­kom om ver­gif­nis te vra nie, maar om te ra­si­o­na­li­seer wat hy ge­doen het . . .”

Ma­ri­us het toe reeds aan long­kan­ker ge­ly. Agt maan­de ná sy dood op 7 Fe­bru­a­rie 1999 het Wil­li­am­son en sy sa­me­sweer­ders am­nes­tie vir die dood van die S­choons en First ont­vang. M­cLe­an het aan An­cer ge­sê: “Ma­ri­us het nie ge­leef om te hoor dat Wil­li­am­son am­nes­tie toe­ge­staan is nie. Dank God.”

■ C­har­les Le­o­nard is kuns­re­dak­teur by The Con­ver­sa­ti­on A­fri­ca.

Die Sun­day Ti­mes het uit­a­sem be­rig dat kapt. Wil­li­am­son Ja­mes Bond­sto­ries na kin­der­spe­le­tjies laat lyk het.

Craig Wil­li­am­son Fo­to: LEON BO­THA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.