Ver­brui­kers­fo­rum

Beeld - - Tot U Diens -

Trac­ker bly op sy spoor

Gert B­rits sê hy het ge­suk­kel om van Trac­ker ont­slae te raak.

“Ek het my Trac­ker-kon­trak ge­kan­sel­leer, maar hul­le het steeds af­trek­kings van my bank­re­ke­ning ver­haal. Ek het die pro­bleem on­der hul aan­dag ge­bring en hul­le het be­loof om my te­rug te be­taal. Na­dat ek ver­skeie ke­re op­ge­volg het, het ek steeds nie my geld te­rug­ge­kry nie.”

Tot u Diens het B­rits se klag­te on­der Trac­ker se aan­dag ge­bring. Hul­le sê ’n te­rug­be­ta­ling was wel aan B­rits ver­skul­dig, maar dat hul­le vir ’n be­wys van be­ta­ling van hom ge­wag het. Trac­ker het die no­di­ge do­ku­men­ta­sie by B­rits ge­kry en ’n te­rug­be­ta­ling is aan hom ge­doen. Hul­le het hom vir die op­ont­houd om ver­sko­ning ge­vra.

Waar is die ren­te?

Gert du P­les­sis meen Ab­sa se diens kan ver­be­ter.

“My vrou het ’n F­lexi-re­ke­ning by Ab­sa. Sy hand­haaf ge­woon­lik ’n re­de­li­ke groot ba­lans op haar re­ke­ning, maar sy ont­vang nooit ren­te van die bank nie. In­teen­deel, daar is el­ke maand ’n ad­mi­nis­tra­tie­we kos­te, ook as sy geld trek. Ons is nie meer te­vre­de met hier­die be­han­de­ling nie en het die plaas­li­ke Ab­sa-tak be­soek om oor an­der op­sies te on­der­han­del. Vol­gens hul­le kon niks aan hier­die re­ke­ning ge­doen word nie en het hul­le voor­ge­stel ’n nu­we re­ke­ning, wat ren­te sal ver­dien, moet oop­ge­maak word. Dit is eg­ter nie vir ons aan­vaar­baar nie aan­ge­sien ons dan die bank­be­son­der­he­de by die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens en pen­si­oen­fonds moet ver­an­der. Ek het ge­vra om met ’n be­stuur­der te praat, maar is ge­wei­er. Ons het die in­druk ge­kry ’n plan kan ge­maak word, maar dat dit te veel moei­te vir Ab­sa se per­so­neel is.”

Ons het Ab­sa ge­vra om Du P­les­sis te help. Hy sê Ab­sa het hom en sy vrou te­ge­moet ge­kom met die gel­de wat op die be­trok­ke re­ke­ning be­taal word en dat hul­le met die re­ë­ling te­vre­de is.

S­tan­dard Bank se diens net En­gels

Ed­gar Bar­nes was ook nie met sy bank se diens te­vre­de nie. Hy is ’n S­tan­dard Bank-kli­ënt.

“Ek wou ’n ver­soek rond­om ’n de­biet­or­der aan S­tan­dard Bank rig. Eer­stens moes ek ’n half­uur wag voor ie­mand die foon be­ant­woord het en daar­na is ek diens in En­gels aan­ge­bied al­hoe­wel ek vir A­fri­kaans ge­vra het. Ek het aan­ge­dring op hulp in A­fri­kaans en moes nog 15 mi­nu­te wag voor ie­mand my te woord ge­staan het. Steeds kon nie­mand my in A­fri­kaans help nie. Ek kon ook nie ’n be­stuur­der kry om met my te praat nie. Só het ek in En­gels voort ge­suk­kel. Ek kan nie mooi hoor nie en suk­kel met som­mi­ge men­se se En­gel­se uit­spraak. Ek moes ’n reeks vrae antwoord wat nie eens op my van be­trek­king is nie. Uit­ein­de­lik moes ek in elk ge­val die pro­bleem met die plaas­li­ke S­tan­dard Bank-tak op­neem. In my o­pi­nie is S­tan­dard Bank se in­bel­diens nie op stan­daard nie.”

Ons het S­tan­dard Bank oor Bar­nes se klag­te ge­pols. Hul­le sê die de­biet­or­der is wel vol­gens sy ver­soek aan­ge­pas. Voorts is die plaas­li­ke tak se be­stuur­der se te­le­foon­nom­mer aan Bar­nes ver­skaf so­dat hy voort­aan in A­fri­kaans ge­help kan word.

Ver­goe­dings­kom­mis­sa­ris sloer met die be­ta­ling

An­dries My­burgh het ons vir hulp ge­vra om ’n be­ta­ling by die ver­goe­dings­kom­mis­sa­ris te kry.

“Ek ly aan ge­hoor­ver­lies en het ver­le­de Au­gus­tus ’n eis by die ver­goe­dings­kom­mis­sa­ris in­ge­dien. Ek het my eis per e-pos en met ’n faks in­ge­dien. La­ter het ek te­rug­voe­ring ge­kry en daar­vol­gens sou ek eers ’n be­ta­ling in die nu­we jaar te wag­te kon wees. Ek het van maand na maand op­ge­volg, maar steeds het hul­le aan­hou sê ek moet lan­ger wag. Ja­nu­a­rie het ook ge­kom en ge­gaan son­der dat ek ’n be­ta­ling ont­vang het. Al wat ek by die kom­mis­sa­ris se kan­to­re hoor, is dat my eis goed­ge­keur is, maar die saak vor­der nooit ver­der as dit nie.”

Tot u Diens het My­burgh se klag­te vir die ver­goe­dings­kom­mis­sa­ris ge­stuur. My­burgh het in­tus­sen ’n be­ta­ling van die kom­mis­sa­ris ge­kry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.