Klag­te van die week

Beeld - - Tot U Diens -

De­seré K­ühl het by Land Ro­ver, Men­lyn, ’n blou­tjie ge­loop.

“Ek het ’n diens­plan vir my Land Ro­ver en ek het hul tak in Men­lyn ge­vra om ’n diens vir my voer­tuig te ske­du­leer. Ek het die no­di­ge do­ku­men­te aan hul­le ver­skaf, maar dit het hul­le steeds by­kans twee we­ke ge­neem om my ver­soek uit te voer. By hul­le aan­ge­kom, was daar weer ’n pro­bleem om my voer­tuig in­ge­te­ken te kry. Ek het aan hul­le ge­noem die af­stand­be­heer wil nie meer my voer­tuig oop­sluit nie. Hul­le het dit aan­ge­te­ken. In hier­die ver­band wou ek weet of e­ni­ge her­stel­werk on­der my diens­plan ge­dek sou wees. Land Ro­ver sou my op hoog­te hou.

“Ek was te­leur­ge­steld om la­ter die dag van Land Ro­ver te ver­neem ek sal nie die­self­de dag my voer­tuig te­rug­kry nie. In die ver­le­de is diens­te al­tyd op die­self­de dag af­ge­han­del. Ek moes uit­ein­de­lik nog ’n dag vir my kar wag en die pro­bleem met die af­stand­be­heer was nie eens op­ge­los nie. Hul­le het my met die af­haal van my voer­tuig eers ge­sê die af­stand­be­heer moet ver­vang word. Ek kan nie ver­staan hoe­kom hul­le my nie vroe­ër al kon in­ge­lig het nie. By die huis het ek ook ge­merk my kar se diens­boe­kie is nie ge­te­ken na­dat die diens af­ge­han­del was nie.”

K­ühl het Land Ro­ver van bo­ge­noem­de laat weet en het ook die no­di­ge goed­keu­ring vir die ver­vang van die af­stand­be­heer be­kom.

“Ek het nie te­rug­voe­ring op my e­pos­se aan Land Ro­ver ge­kry nie en het be­sluit om hul­le te­le­fo­nies te kon­tak. Aan­ge­sien ek bin­ne­kort met va­kan­sie sou gaan, het ek Land Ro­ver ge­vra om drin­gend aan my ver­soek aan­dag te gee. In­tus­sen het my kar se rat­kas ook pro­ble­me be­gin gee. Land Ro­ver het weer eens be­lo­we om ’n plan te maak en hul­le sou my kon­tak na­dat hul­le goed­keu­ring vir ver­de­re werk ver­kry het. Ek wag nog vir hul op­roep.”

Tot u Diens het Land Ro­ver ge­vra om kom­men­taar te le­wer. Hul­le sê K­ühl het vier af­spra­ke ge­kan­sel­leer voor sy haar voer­tuig vir die be­trok­ke diens in­ge­bring het. Sy het haar af­spraak na ’n Sa­ter­dag ver­skuif wan­neer Land Ro­ver Men­lyn nie aan voer­tuie werk nie. Vol­gens pro­se­du­re het Land Ro­ver eers die diens af­ge­han­del al­vo­rens hul­le aan an­der pro­ble­me aan­dag ge­gee het. Ook moes Land Ro­ver vir K­ühl wag om be­wy­se van haar ver­leng­de waar­borg aan hul­le te le­wer wat tot die op­ont­houd by­ge­dra het.

Land Ro­ver sê voorts ’n af­spraak is vir die ver­van­ging van die af­stand­be­heer en her­stel­werk aan die rat­kas ge­maak, maar K­ühl het nie hier­voor op­ge­daag nie. Hier­na sê Land Ro­ver het hul­le eers weer van K­ühl iets ver­neem ná sy ’n brief aan Tot u Diens ge­rig het.

K­ühl het laat weet al­les wat sy aan haar voer­tuig ge­doen wou hê, is nou af­ge­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.