Paaie ge­sluit ná die eer­ste sneeu

Beeld - - Nuus - Seug­net van Zyl

Nes die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD) be­loof het, het dit die na­week ge­sneeu.

Al was dit die na­week bib­ber­koud, sê Brans­by Bu­lo, weer­voor­spel­ler van die SAWD, is die sneeu vir eers ver­by.

Dit het ver­al in Le­so­tho, die Dra­kens­ber­ge, Ma­lu­ti­ber­ge en die sui­de­li­ke de­le van die OosKaap, ver­al na­by Ma­ta­tie­le, ge­sneeu.

Vol­gens Bu­lo gaan dit van­dees­week steeds koud wees.

Die tem­pe­ra­tu­re gaan wel ef­fens ho­ër wees as die na­week, maar nie ge­noeg om jou trui weg te sit nie.

Die kwik kan van­dag in P­re­to­ria tot 17 °C styg en ’n mak­si­mum tem­pe­ra­tuur van 15 °C word vir Jo­han­nes­burg voor­spel.

S­now Re­port SA het ver­skeie fo­to’s van die eer­ste win­ter­sneeu op sy Fa­ce­book-blad ge­plaas.

Vol­gens die sneeu­diens het 15 cm sneeu by die A­fris­ki­berg­oord in Le­so­tho ge­val. Paaie na die oord is ge­volg­lik ge­sluit.

Die Sa­ni­pas in die wes­te van K­waZu­lu-Na­tal is ook die na­week ge­sluit as ge­volg van sneeu.

Met die win­ter op han­de het die Heils­le­ër drin­gend hulp no­dig om die­ge­ne wat die erg­ste deur die koue ge­raak word, ha­we­lo­ses en ar­mes, te help.

Maj. Ca­rin Hol­mes, woord­voer­der van die Heils­le­ër, sê die or­ga­ni­sa­sie word jaar­liks ge­vra om kom­ber­se, kle­re en kos aan die toe­ne­men­de aan­tal hulp­be­hoe­wen­des te ver­skaf. “Vir baie van ons is die win­ter net ’n k­lein bie­tjie meer as ’n on­ge­rief waar ons die ver­war­mers kan aan­ska­kel of ons warm kle­re kan aan­trek of ’n warm maal­tyd kan be­rei,” sê sy.

“Maar vir die ha­we­lo­se en ar­mes on­der ons is die win­ter ’n oor­le­wing­stryd.”

Die or­ga­ni­sa­sie maak net staat op men­se se vry­ge­wig­heid.

’n Mens kan hul­le help deur ’n SMS met die woord “Win­ter­help” na 42290 te stuur. SMS’e kos R30 elk.

Die Sa­ni­pas is die na­week weens sneeu ge­sluit. Fo­to: S­NOW RE­PORT SA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.