Twee leeus in re­kla­me ge­skiet

Hul­le val glo ver­se wat los loop aan

Beeld - - Nuus -

Twee leeu­wy­fies, waar­van een drag­tig was, is ver­le­de week na­by die H­wan­ge- na­si­o­na­le park in Zim­bab­we dood­ge­skiet.

Fo­to’s van die leeu­wy­fies is voor­heen ge­bruik om die ge­bied vir fo­tosa­fa­ri’s te be­mark.

Die leeus het ’n vers ge­jag wat vry rond­ge­loop het en nie in ’n kamp was nie.

B­rent S­ta­pel­kamp, ’n na­vor­ser by H­wan­ge, sê die leeus is toe met die kar­kas deur ’n pro­fes­si­o­ne­le jag­ter en sy gids ge­lok en dood­ge­skiet.

Hy ver­oor­deel die H­wan­ge-dis­triks­raad daar­oor en vra dat die voor­val on­der­soek word.

Die raad het toe­stem­ming ge­gee dat die dooie vers ge­bruik word om die leeus te lok. Twee wy­fies is dood­ge­skiet en ’n jong man­ne­tjie kon vlug, sê S­ta­pel­kamp.

Hy be­weer die raad pro­beer die leeus se dood reg­ver­dig deur ge­rug­te te ver­sprei dat vier ver­se in die slag ge­bly het.

“Die ver­lies van vee is be­treu­rens­waar­dig, maar dit kon ver­my ge­wees het as die boer sy vee in ’n kamp ge­hou het,” het hy aan die Con­ser­va­ti­on Acti­on Trust (Cat) ge­sê.

Die voor­val was om­trent

60 km van waar die A­me­ri­kaan­se tand­arts Wal­ter Pal­mer die be­ken­de maan­haar Ce­cil in 2015 ge­jag en dood­ge­skiet het, sê

Os­car N­ka­la van Cat.

Ben­ny N­cu­be, ’n ge­bieds­be­stuur­der van Camp­fi­re, ’n or­ga­ni­sa­sie ver­bon­de aan die dis­triks­raad wat ver­ant­woor­de­lik is vir roof­dier­be­heer in die ge­bied, sê die raad ver­staan die be­lang­rik­heid van be­wa­ring, maar moet ook die ge­meen­skap se be­lan­ge be­skerm.

“So­ver ek weet, is die leeus op die reg­te wy­se van kant ge­maak. Ons kan nie aan­hou om die leeus af te skrik nie, want dit werk nie. Ons maak al­le roof­die­re van kant wat vee jag,” sê N­cu­be.

Die sa­fa­ri­fo­to­graaf S­ha­ron S­te­ad sê die leeus was ge­reeld in die I­vo­ry Sa­fa­ri Lod­ge en K­hu­lu Lod­ge na­by De­te. Sy was be­sig met ’n be­mar­kings­toer in A­me­ri­ka en Duits­land toe sy die nuus kry. “Dit is ’n s­kan­de dat geen be­wa­rings­groep ge­na­der is om die leeus vei­lig uit die ge­bied te kry nie,” sê sy.

Die twee leeu­wy­fies, waar­van die een drag­tig is, wat deur ’n be­roeps­jag­ter na­by die H­wan­ge­na­si­o­na­le park in Zim­bab­we dood­ge­skiet is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.